Farm Murders


3 tieners vas ná moord
July 22, 2009, 9:58 am
Filed under: Uncategorized

Jul 19 2009 06:15:53:637PM – (SA)

Hilda Fourie

Altesame 47 vermeende misdadigers, onder wie 4 tieners, is die naweek in Eersterust, in die ooste van Pretoria, vasgetrek nadat die polisie van Vrydagaand tot gisteroggend ’n operasie uitgevoer het om gesoekte misdadigers aan te keer.

Onder die aangekeerdes is drie tieners van onderskeidelik 15, 16 en 17 jaar oud wat vermoedelik betrokke was by die moord op ’n 60-jarige man in Januarie.

Konst. Sam Shibambo, polisiewoordvoerder, het gesê mnr. Charles McKenzie (60) het na ’n begrafnis gestap toe hy aangeval en vermoedelik met bakstene en staalpype vermoor is.

Die drie tieners is Vrydagaand by hul huise in Eersterust in hegtenis geneem.

Hulle sal vandag in die Pretoriase landdroshof op aanklag van moord verskyn.

Nog ’n tiener, ’n 14-jarige seun, en sy twee makkers van onderskeidelik 19 en 25 jaar oud is eergister aangekeer weens hul beweerde betrokkenheid by ’n kaping vroeër vandeesweek.

Volgens Shibambo is ’n polisieman wat van diens af was Dinsdag in Eersterust gekaap.

Hy was op pad van ’n hospitaal na sy huis in Mamelodi, in die ooste van Pretoria, toe die voorval gebeur het.

Die polisieman se motor is Woensdag teruggevind en die vermeende kapers is drie dae later gearresteer.

Hulle sal vandag in die Pretoriase landdroshof op aanklagte van kaping en die onwettige besit van ’n vuurwapen verskyn.

In nog ’n voorval is twee mans, wat vir die polisie weggejaag het, aangekeer.

Die twee mans van onderskeidelik 24 en 30 jaar oud sal op aanklagte van roekelose of nalatige bestuur en die rig van ’n vuurwapen in die hof verskyn.

Shibambo het gesê die polisie het eergisteraand ’n verdagte voertuig, wat in die middel van die pad geparkeer is, in Bronbergstraat in Eersterust opgemerk.

Ná ’n jaagtog deur Eersterust se strate het die polisie hulle in Mamelodi van die pad gedwing.

Tydens die jaagtog het die polisie op die mans geskiet en is die bestuurder in die bolyf getref.

Nog twee mans van onderskeidelik 20 en 30 jaar oud is gisteroggend in die vroeë ure gearresteer nadat hulle eergisteraand ’n voertuig in Silverton gekaap het.

Die polisie se ondersoek het hulle na ’n woonstelgebou in Eersterust gelei waar die vermeende kapers woon.

Die polisie het hulle in hegtenis geneem en op ’n ongelisensieerde vuurwapen beslag gelê.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2540117,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: