Farm Murders


Tukkies-vrou verlam ná rowerskoot deur rug
July 18, 2009, 11:36 pm
Filed under: Uncategorized

Mev. Pat Beckmann by haar kleinkinders, die 11-jarige Tristan (links) en Laura (9).

Jul 17 2009 02:36:30:477AM – (SA)

Hilda Fourie
hfourie1@beeld.com

’n Geleentheidskoördineerder van die Universiteit van Pretoria is verlam nadat sy eergister tydens ’n mislukte huisrooftog geskiet is.

“My ma gaan vir die res van haar lewe in ’n rolstoel wees,” het mev. Julie van Tonder oor haar ma, mev. Pat Beckmann (60), gesê.

“Ons lewens het heeltemal verander. ’n Mens dink nooit dit kan met jou gebeur nie, maar dit het.”

Die vermoede dat Beckmann (60) verlam sou wees, is eergisteraand in die teater bevestig toe die koeël, wat deur haar rugmurg is, uit haar liggaam verwyder is.

Van Tonder het gesê hulle hét al vir haar ma gesê sy is van die onderlyf af verlam, maar weet nie of haar ma dit besef nie. Sy is onder sterk verdowing.

Beckmann is eergisteroggend in die hoësorgeenheid van die Pretoria-Oos-hospitaal opgeneem kort nadat sy geskiet is.

Volgens Van Tonder het haar pa, mnr. Colin Beckmann (63), omstreeks 04:45 die asblik in die straat voor hul huis in Constantiapark, in die ooste van Pretoria, gaan sit.

Drie mans het hom oorval toe hy terug huis toe loop.

Hulle het blykbaar oor ’n muur aan die huis se agterkant gespring.

Een het ’n vuurwapen op mnr. Beckmann gerig.

Mnr. Beckmann het een man tussen hom en die vuurwapen ingedruk. Toe het hy dié man en nog een grond toe getrek.

Die rower het ’n skoot afgevuur wat niemand getref het nie. Daarna het hy deur die oop voordeur by die huis ingehardloop.

Intussen het mev. Beckmann, wat die geveg en haar man se gille gehoor het, die noodknoppie gedruk. Sy het in die gang afgehardloop. Die aanvaller het haar gesien en ’n skoot gevuur.

Dié skoot is deur haar regterhand, bors, long en rugmurg.

Die mans het sonder buit gevlug.

Van Tonder se broer het haar kort ná die voorval gebel en sy het die eerste vlug van die Kaap af gehaal.

“Toe ek die oproep kry, het ek nooit verwag om só iets te hoor nie,” het Van Tonder gesê.

“Dit is die ergste ding ooit. Ek kan dit nog nie glo nie.”

Mev. Ronel Leyds, hospitaalwoordvoerder, het gesê Beckmann se toestand is stabiel, maar sy ervaar steeds baie pyn.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2539425,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: