Farm Murders


4 hou boer aan, dreig om haar dood te skiet
July 18, 2009, 11:41 pm
Filed under: Uncategorized

Jul 17 2009 02:36:21:660AM – (SA)

Hannatjie van der Merwe

Bull-Hill (Hartswater). – ’n Bekende beesboer hier, mev. Margaret Mynhardt (83) van die plaas Alicedale, moes in een van die koudste Noord-Kaapse nagte in haar nagklere vasgebind op die vloer lê – bevrees dat haar aanvallers enige oomblik kan terugkom om haar dood te skiet.

Dit was nadat vier mans haar huis binnegekom en haar gedreig, geskop, geklap en ’n rewolwer byna ’n uur lank teen haar kop gedruk het terwyl sy met die dood gedreig is.

Mnr. Johann Mynhardt, een van haar seuns en ’n boer van Hopetown, het gister vertel sy ma, ’n weduwee, is erg getraumatiseer.

Hy het gesê sy het Dinsdag omstreeks 22:00 televisie gekyk toe vier mans met ’n breekyster ’n venster stukkend geslaan en die diefwering weggebuig het.

Hulle het gelyk ingestorm en die een het ’n kombers oor sy ma se kop gegooi en ’n rewolwer teen haar kop gedruk.

Hulle het aan haar gesê: “Bly stil of ons skiet jou vrek.”

Haar hande is met elektriese drade agter haar rug vasgebind, haar voete is vasgebind en ’n draad is ook om haar nek gebind.

Hulle het die huis geplunder, die kluis se sleutel gesoek en drank uitgehaal. Hulle het ook juweliersware en geld geneem en sy ma se pistool en patrone en alle gaar kos in die yskas en vrieskas gesteel.

Die aanvallers het voor die kaggel gesit en eet.

Mnr. Mynhardt het gesê iemand het deurentyd die rewolwer teen sy ma se kop gehou.

Hy het gesê goedere van sowat R120 000 is gesteel.

Die rowers het ook sy ma se kredietkaart geneem en haar die PIN gevra – dreigend dat hulle haar gaan kom doodskiet as sy oor die nommer lieg.

Hulle is omstreeks 23:00 in haar motor weg Jan Kempdorp toe en het twee keer geld met haar kaart getrek, maar die derde transaksie is misluk.

Die mans het in die vroeë oggendure teruggekom, maar sowat 1 km van die plaas het die motor gaan staan. Hulle het vermoedelik daarin geslaap en is toe vort.

Mynhardt is die volgende oggend deur bure in haar huis gekry.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2539438,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: