Farm Murders


Sy wil eerder sterf as verkrag word deur ‘polisie’
July 5, 2009, 3:17 am
Filed under: Uncategorized

Jul 03 2009 09:59:34:013PM – (SA)

Sonja van Buul

Heidelberg. – Twee huisrowers, geklee in volle polisie-uniform met koeëlvaste baadjies, het hier toegang tot ’n huis verkry en ’n gesin beroof.

Die gesin, mev. Bokkie Jansen (61), haar 22-jarige tweeling, Raymond en Alta, en dié se man, mnr. Wayne Terblanche (25), was tuis toe die rowers Woensdagaand toegeslaan het.

Jansen, ’n Beeld-verspreider in Heidelberg, se man is in 1999 ná ’n plaasaanval “vir dood agtergelaat”. Hy het gedeeltelik herstel, maar is vier jaar gelede kort nadat hul seun, Manie (33), by ’n padongeluk gestop het en doodgeskiet is, ook oorlede.

“Alta het ’n deurklop beantwoord en oopgemaak toe sy sien dis twee ‘polisiemanne’ wat wil inkom,” het mev. Jansen gister gesê.

Volgens haar was hulle in volle SAPD-uniforms geklee en het hulle koeëlvaste baadjies gedra.

Alta het die veiligheidshek agter hulle toegesluit, waarna een rower dit gou weer oopgesluit het. Nog ses rowers, wat nie polisie-uniforms gedra het nie, het die huis binnegekom. “Die rowers was swaar gewapen en het Raymond deur die huis geneem op soek na geld, vuurwapens en ammunisie,” het Jansen gesê.

Die Terblanche-egpaar het vasgebind op die kombuisvloer gelê, terwyl Jansen na haar slaapkamer geneem en haar pajamahemp uitgetrek is.

“Ek het hardop gebid en gedink hulle moet my eerder doodmaak as verkrag,” het sy gesê. “Ek het kans gesien om te groet.”

Jansen het klierkanker en ’n port waardeur sy chemoterapie kry, is onder haar vel ingeplant. “Hulle het seker die port gesien en skielik gesê ek moet aantrek. Die port het hulle nie gekeer om my aan te rand nie,” het sy gesê.

Nadat sy en haar seun ook vasgebind is, is die rowers, volgens Jansen, weg met onder meer vier Beeld-intekenare se koerantgeld, ander kontant, selfone en juwele. “Ek wou my trouring insluk, maar een rower het dit gesien, my op die rug geklap en dit het uit my mond gespring.”

Volgens kapt. Thivhulawi Tshilate, polisiewoordvoerder, is goedere ter waarde van R11 000 geroof.

“Dis ongewoon in die gebied dat huisrowers hulself as polisiemanne voordoen,” het hy gesê. “Dié modus operandi is wel al voorheen opgemerk by kapers in motor- en vragmotorkapings.”

Geen verdagtes is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Maak só seker dit is polisie:

Maak só seker dit is wel ’n polisiebeampte voor jou deur:

Voordat jy oopmaak, vra eers die polisielid se naam en by watter polisiekantoor en eenheid hy werk.

Bel jou naaste polisiekantoor om seker te maak die polisielid is na jou adres ontbied en hoekom.

Dring altyd daarop aan dat die lid sy polisie-aanstellingsertifikaat, op ’n gelamineerde kaart, toon. Dis jou demokratiese reg.

Dié kaart het ’n foto van die polisiebeampte links voorop en ’n polisie-embleem aan die regterkant. Onder dit is die beampte se voorletters en naam.

Agterop die kaart verskyn die polisielid se voorletters, van, magsnommer, ID-nommer en rang.

Jy het die reg om ’n polisiebeampte toegang te weier as hy nie die kaart kan toon nie.

Elke polisielid moet te alle tye ’n sigbare naamplaatjie dra.

As jy steeds nie seker is nie, stel die polisie in kennis.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2535755,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: