Farm Murders


2 rowers en inwoner sterf toe skote begin klap
June 28, 2009, 3:58 am
Filed under: Uncategorized


Jun 25 2009 08:16:52:530PM – (SA)

Jan Gerber

Kleinmond. – Dié Kaapse vakansiedorp is geskok deur rooftog waarin twee rowers en ’n inwoner dood is.


’n Man het Dinsdagoggend die twee rowers in sy huis doodgeskiet. Sy vrou is noodlottig getref in die skietgeveg tussen hom en die rowers.

Mnr. Jans Badenhorst (34) het die mans in sy huis in Delportstraat aangetref nadat hy sy twee kinders by die skool gaan aflaai het.

Hulle het hom met vuurwapens gedreig en geld geëis, het kapt. Bernadine Steyn, ’n polisiewoordvoerder, gesê. Hy het hulle na die hoofslaapkamer geneem, waar ’n stoeiery ontstaan het.

Hy het sy vuurwapen in die hande gekry en ’n skietery het uitgebreek. Die twee aanvallers is noodlottig gewond en het op die toneel gesterf.

Sy 36-jarige vrou, Marné, is blykbaar deur een van die rowers in die oor-en-weer-skietery in die kop gewond, het Steyn gesê.

Sy is in ’n kritieke toestand in die slaapkamer aangetref toe die polisie omstreeks 08:10 opgedaag het. Sy is by haar aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Badenhorst is ook raak geskiet. “Hy is in die hospitaal behandel vir ’n skietwond in die been en later ontslaan,” het Steyn gesê.

Mnr. Hoffie Hofmeyr, mev. Badenhorst se kollega by die makelaarsonderneming waar sy gewerk het, het eergister gesê haar moord is angswekkend en ’n groot verlies vir almal wat haar geken het.

“Die gemeenskap het ’n warm, energieke ster verloor.”

Sy het glo na haar man as “Liggie” verwys omdat sy hom as die lig in haar lewe beskou het. Me. Doreen de Wet, ’n vriendin, het gesê sy kan dit steeds nie glo nie.

“Sy was werklik ’n spontane mens wat altyd ander se behoeftes voor haar eie gestel het – iemand op wie jy enige tyd van die dag of nag kon staatmaak.”

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2533254,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: