Farm Murders


die revolusie begin eerste op die plase
June 19, 2009, 11:14 am
Filed under: Uncategorized

Clinton V du Plessis

die kinders skype op sondae

uit kanada, koud

bewe die beelde

bons die stemme van die mure terug

die kleinkinders se monde

vorm die woorde vreemd en ongemaklik,

onafrikaans glimlag hulle,

hulle ken nie die

lekker bollemakiesie van die taal op die tong:

klouter, kleuter en kielie,

koggelmander en kwikstertjie,

oupa se hande wens om vir

die seuntjie

‘n draadkar te maak

die mik van ‘n kettie te laat voel

die knapie op sy knie te laat sit,

ouma leun oud in die kamera in

haar bril soek dof die sproete op die dogtertjie se neus,

later sou hulle op die internetweergawe van die sondagkoerant

al die detail lees,

hoe die drie mans, 16, 18 & 20

die ou man

vasgebind het,

hom met die gloeiende strykyster die kluis laat oopsluit,

later moes hy kyk hoe hulle die ou vrou

oopmaak en elkeen

by haar ingaan,

hy het sy siel toegeknyp

voordat hulle die sneller teen sy kop afgetrek het,

die polisie het die verminkte lyke eers laat die

maandagmiddag gekry,

een van die aanvallers

het kordaat bo-op die swart stinkhouttafel in ‘n spierwit bord gekak.

hulle’t van kanada ingevlieg,

die plaas in die mark gesit,

die as saam met hulle teruggeneem

en nooit ooit weer oor

grandpa of granny se

farm in that godforsaken fucked up country

gepraat nie.

Oorsprong:LitNet
http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=67110&cat_id=160


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: