Farm Murders


Man baklei teen rowers en red gesin
June 14, 2009, 1:57 am
Filed under: Uncategorized

Mnr. Chris Maré gister in sy hospitaalbed met sy dogters, Suné en Nicolene, sy vrou, Hildegard, en sy seun, CP. Foto: Leon Botha

Jun 10 2009 08:44:02:023PM – (SA)

Fanie van Rooyen

“My kinders sê heeltyd hul pa is ’n hero, hy het ons lewens gered.”

So het mev. Hildegard Maré van ’n plaas buite Brits gister van haar man, Chris (44), gesê nadat hy teen rowers gebaklei en die res van sy gesin só kans gegee het om te vlug.

Die rowers het mnr. Maré in die regterhand en twee keer in die onderlyf geskiet.

“My hemelse Vader het hulle gekeer om my gesin seer te maak of om my dood te skiet,” het hy vanuit sy bed in die Pretoria- Urologiese hospitaal gesê.

Sy vrou, hul twee dogters, Nicolene (20) en Suné (16), en seun, CP (13), is volgens mev. Maré “wonderbaarlik ongedeerd” ná die aanval Maandagaand op die plaas by Rooikoppies.

“Ons het oudergewoonte net voor 19:00 om die etenstafel in die kombuis gesit,” het mev. Maré gesê.

“Ons het pas klaar kos ingeskep toe ’n klomp gewapende mans skielik die agterdeur oopgeskop het.

“Dit was soos een beweging – hulle het die deur oopgeskop en onmiddellik net begin skiet.”

Mnr. Maré het opgespring en die naaste rower gegryp om sy vuurwapen te probeer afvat.

“Ek wou my vrou en kinders kans gee om te vlug. Dis toe dat ek in die regterhand geskiet is.”

Mev. Maré en die kinders het intussen by die voordeur uitgevlug.

“My man het verskriklik teen hulle teruggebaklei en dit het ons kans gegee om te ontsnap,” het mev. Maré gesê.

“Toe ons buite kom, het Suné in die donker agter ’n bos gaan wegkruip en ek het besef CP het in die huis agtergebly.

“Ek en Nicolene het oor ’n draadheining geklim om by die huis van een van die werkers op die plaas, op dieselfde erf, uit te kom.”

Daar gekom het sy die noodknoppie gedruk, die gewapende- reaksiemag gebel, gebid en na haar huis teruggehardloop om haar man en haar seun te hulp te snel.

“Dit het soos oorlog geklink, dit was verskriklik,” het sy gesê.

“Toe ek naby die huis kom, het Chris uitgeloop gekom. Hy het erg gebloei.

“Ek het vir hom geskree ‘Waar is CP!?’, maar hy het net sy kop geskud.

“Ek het gedink hulle het vir CP doodgeskiet.”

Teen dié tyd het die rowers gevlug nadat hulle vermoedelik vir die alarm geskrik het.

“Binne die huis het ek CP gekry waar hy die vrieskas uitgeskuif en daaragter gaan wegkruip het,” het mev. Maré gesê.

Mnr. Maré was aanvanklik in die hoësorg-eenheid van die Brits-Medi-Clinic-hospitaal.

Hy was gister volgens dokters “buite gevaar”.

“Die belangrike ding is dat ons lewens gespaar is,” het hy gesê.

Die rowers het met ’n TV-stel, drie selfone en twee handsakke gevlug.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2528491,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: