Farm Murders


Inwoners: ‘Dis nou genoeg’
June 14, 2009, 2:02 am
Filed under: Uncategorized

Pieter van Wyk (14) Foto: Gloria Edwards

Jun 11 2009 05:40:04:360AM – (SA)

Gloria Edwards

Inwoners van ’n woongebied in Springs aan die Oos-Rand wat onlangs deur ’n misdaadvlaag geteister is, het besluit “genoeg is genoeg”.

Mev. Annatjie Fourie, wat saam het haar man, Gerhard, ’n polisiebeampte, in die Petersfield-uitbreiding woon, het Vrydagnag met ’n haelgeweer op ’n inbreker losgebrand. Dit nadat daar twee keer by hulle ingebreek is en al drie hul honde vergiftig is.

Die pa van ’n skoolseun, Pieter van Wyk (14), wat eergister naby hul huis deur gewapende mans van sy selfoon beroof is, patrolleer nou self saans dié gebied en gaan dié gemeenskap mobiliseer om terug te veg.

Fourie het gister gesê sy gaan ander vroue touwys maak om vuurwapens te gebruik. Sy het vertel hoe sy Vrydagnag alleen by die huis was toe sy gehoor het hoe die rowers probeer inbreek “Ek weet gelukkig hoe om ’n vuurwapen te hanteer en het vinnig die haelgeweer gegryp. Ek het ’n paar skote op een van hulle geskiet, maar die muur getref. Hulle was ook gewapen maar ek dink hulle het groter geskrik as ek, want hulle het seker nie verwag ’n vrou sal terugskiet nie.” Die boewe het met leë hande gevlug. Fourie moes egter uitvind die rowers het haar Duitse-herdershond gif gevoer voordat hulle probeer inbreek het.

Dit kom nadat die Fouries se ander twee honde in Januarie vergiftig is toe boewe by hul bakkie ingebreek en ook die wiele afgesteel het.

Van Wyk jr., ’n gr. 6-leerling aan die Hoërskool Hugenote, het vertel hoe ’n boef eergister ’n pistool teen sy kop gedruk en gedreig het om hom dood te skiet as hy nie sy selfoon gee nie.

“Ek het my selfoon in my hand gedra en musiek geluister. Toe stop ’n wit voertuig agter my en ’n man spring uit en druk die pistool teen my kop. Ek het my selfoon vir hom gegee en hulle het weggejaag.”

Mnr. Pieter van Wyk sr. het gister gesê dit is nonsens dat Suid-Afrikaners met ’n “ten-minste-gesindheid” moet tevrede wees.

“Ons moet nou sê ons is dankbaar want my seun is ten minste nie geskiet nie. Die hele voorval moes nie eens gebeur het nie.”

Kapt. Johannes Ramphora, Springs-polisiewoordvoerder, het bevestig dié woongebied is ’n teiken vir misdadigers. Hy kon nie sê hoeveel voorvalle daar onlangs was nie, maar het gesê hulle is besig om ’n taakspan saam te stel uit die misdaadvoorkoming- en -intelligensie-eenhede om die probleem te hanteer.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2528536,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: