Farm Murders


Hof sê 18 jaar is te min vir dié wrede moord
June 7, 2009, 6:29 am
Filed under: Uncategorized

Jun 02 2009 12:04:50:740AM – (SA)

Philip de Bruin

Drie regters van die appèlhof het gister in een van die skerpste uitsprake nóg van die appèlhof in die moderne regspraak geen geheim daarvan gemaak dat “wreedaardige, gevoellose” geweldenaars nie deur die land se howe met handskoene gehanteer moet word nie.

Sulke wreedaards moet “met die volle mag en omvang” van die reg te doen kry.

In die proses het hulle die vonnis van effektief 18 jaar wat die drie jong moordenaars van mnr. Andrew Ferguson (55) van Pietermaritzburg opgelê is, verwerp en dit deur 40 jaar tronkstraf (effektief lewenslank, dus minstens 25 jaar) vervang.

Welcome Ngcobo, Hamilton Zaca en Landslord Maphanga se misdaad is deur appèlregters M. Navsa, B. van Heerden en N. Mhlantla as besonder wreed beskryf en hul houding ná die moord as “vol bravade en openlik met minagting vir hul daad”.

Ferguson is onder meer 24 keer met ’n mes gesteek.

Hy moes, volgens die regters, enduit om sy lewe geveg het, want die mure van die huis was vol bloed.

Sy gesig is erg beseer en beserings aan sy borskas dui volgens ’n dokter daarop dat “iemand met aansienlike geweld daarop gespring het”.

Hy het gesterf ter wille van twee selfone, sy motor en ’n paar CD’s.

Een van die aspekte wat in die hooggeregshof in die drie se guns getel het, was “die probleme wat jong mense in vandag se materialistiese wêreld het om gemotiveer en gefokus” te bly.

Die drie appèlregters wou daarvan niks weet nie.

Hulle het gesê die bloeddorstigheid van die moord en die feit dat Ferguson aan die “mees pynlike en onwaardige dood” onderwerp is, kan nie geïgnoreer word nie.

“Van die howe word verwag om reg te laat geskied.

“Hierdie soort brutaliteit is ongelukkig te gereeld ’n deel van die Suid-Afrikaanse samelewing. Van die howe word verwag om die boodskap uit te stuur dat sulke gedrag met die volle geweld en mag van die reg te doen sal kry.”

Hulle het die vonnis van 18 jaar deur lewenslank (minstens 25 jaar) weens moord en 15 jaar weens roof vervang.

Statutêr word enige vonnis wat addisioneel tot lewenslank opgelê word, gelyktydig met die lewenslange vonnis uitgedien.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2525308,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: