Farm Murders


Man moontlik permanent verlam ná skote in voortuin
May 24, 2009, 8:40 am
Filed under: Uncategorized

May 22 2009 06:59:32:603PM – (SA)

Sonja van Buul

Vanderbijlpark. – Die 29-jarige man van Vanderbijlpark wat ’n week gelede gewond is toe rowers hom en sy vrou in hul voortuin geskiet het, is moontlik blywend verlam.

“Mark is ’n sterk man en ek glo hy sal hierdie beproewing oorkom,” het mev. Angela Erasmus (29), sy vrou, gesê.

Mnr. Mark Erasmus, ’n elektroniese ingenieur, is na die Vereeniging-Medi-Clinic geneem waar hy steeds behandel word nadat hy tydens die rooftog op 15 Mei in die nek en regterbeen geskiet is.

Drie gewapende rowers het mev. Erasmus, ’n rekenmeester, in die linkerbeen gewond.

Rowers het op die egpaar, wat vier jaar getroud is, toegeslaan het toe hulle die aand tuisgekom het.

Die rowers het mnr. Erasmus se beursie en selfoon geëis voordat hulle hom aangerand, verskeie skote geskiet en gevlug het.

Volgens paramedici wat mnr. Erasmus die aand van die skietery behandel het, het hy kort ná die skietery al geen gevoel in sy bene gehad nie.

“My man is steeds verlam van sy bors na benede en dit lyk nou of hy blywend verlam is. Hy kan wel sy arms beweeg,” het mev. Erasmus gister aan Beeld gesê.

Sy was vandeesweek self weer in die hospitaal vir ’n operasie om die skade aan haar kuit te herstel.

Sy is intussen ontslaan, loop met ’n beenstut en hoop sy sal ten volle herstel.

Volgens mev. Erasmus is sy op soek na ’n rehabilitasiesentrum waar haar man kan leer om aan te pas by sy nuwe lewenswyse en om selfversorgend te wees.

Hy sal na so ’n sentrum gaan sodra hy uit die hospitaal ontslaan word.

“My man het gesê hy het nog nooit sulke emosionele en fisieke pyn soos nou beleef nie. Ons is tans nog verslae, maar ek weet hy sal dit oorkom. Ons sal dit saam oorkom,” het sy gesê.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2520931,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: