Farm Murders


Sy reël glo beurs vir verdagte
May 17, 2009, 8:12 am
Filed under: Uncategorized

Dr. Gerda Kemp (regs) en mee. Danolien Postma (links) en Chrisna Hoffman vertel gister vrolik hoe hul ma, mev. Lien Grönum, se lewe gevier behoort te word. Foto: Cornél van Heerden

May 12 2009 07:41:24:367PM – (SA)

Herman Scholtz

Mev. Lien Grönum was besig om ’n studiebeurs vir haar huiswerker te reël toe dié haar na bewering vermoor het.

So het Grönum se drie dogters gister buite die Pretoriase hooggeregshof gesê nadat die verhoor van me. Nnyadzeni Rasivhaga (19), die huiswerker, en mnr. Vincent Singo (25), ’n voormalige plaaswerker van die Grönums, weer uitgestel is.

Dié paartjie, wat in ’n romantiese verhouding was, staan tereg op aanklagte van moord, roof en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Grönum (71) is op 18 April verlede jaar in haar plaashuis op Geluk, buite Brits, verskeie kere met vermoedelik ’n mes gesteek. Haar man het haar bebloede lyk in die gang van die huis gekry toe hy teruggekom het van die winkel waarheen hy van sy werkers geneem het.

Die verhoor is tot 16 November uitgestel nadat die staat geweier het om hul pleitverduidelings te aanvaar.

Die verhoor is eergister ook vertraag toe die twee beskuldigdes se weergawes van die gebeure verander het en hulle op die nippertjie weens botsende belange twee verskillende regsverteenwoordigers moes kry. Rasivhaga het onder meer “vingers gewys” na Singo.

Dr. Gerda Kemp van Cornelia in die Vrystaat, me. Danolien Postma van Brits en me. Chrisna Hoffman van Nelspruit het gesê hul ma het ’n “ongelooflike zest vir die lewe gehad”.

“As iemand in die asblikke gekrap het, het sy vir hulle kos gemaak. Sy het altyd vir die armes klere bymekaar gemaak,” het hulle gesê.

Grönum het ook volgens hulle probeer om vir Rasivhaga ’n beurs te reël om onderwys te studeer.

Kemp het ook buite die hof gesê hulle het volle vertroue in die regstelsel. Veral die ondersoekbeamptes, insp. Moses Mmatli en konst. Selina Chengwe, verdien lof, het die susters gesê.

Rasivhaga en Singo bly in aanhouding.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2515417,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: