Farm Murders


‘Hy is ‘n hero’
May 17, 2009, 7:51 am
Filed under: Uncategorized

May 14 2009 11:09:15:873AM – (SA)

Tom de Wet

Welkom. – “My man het my en ons kinders se lewens gered deur die moordenaars van ons slaapkamer weg te lei. Daarvoor het hy met sy lewe betaal. Hy is ‘n hero.”

Dit was gister die woorde van ‘n baie hartseer mev. Stella Vieira (39), wie se man, Edward (40), Dinsdagnag in hul huis deur inbrekers geskiet is.

Bloedspatsels oral in die een helfte van die huis, verste van die slaapkamers, getuig van hoe die gewonde Vieira met sy aanvallers gestoei en hulle van die slaapkamers weggelei het.

Mev. Vieira het snywonde aan haar arm opgedoen toe sy die vensterruit in die slaapkamer gebreek het om uit te kom terwyl haar man om sy lewe teen die aanvallers geveg het.

Die swaar gewonde mnr. Vieira het daarna deur ‘n baie klein kombuisvenster na buite ontvlug waar hy aan ‘n skietwond in sy rug dood is.

Hy het verskeie snywonde aan sy hande, arms en voete opgedoen toe hy die kombuisvenster bokant die wasbak gebreek en daardeur ontsnap het.

Die twee aanvallers het met leë hande weggehardloop.

Kapt. Magda Muller, polisiewoordvoerder, sê Vieira het in die TV-kamer op die bank gelê en TV kyk toe twee mans omstreeks middernag die glasskuifdeur in dié vertrek van buite gebreek, ingekom en Vieira oorval het.

Mev. Vieira het haar man hoor skreeu en die polisie gebel. Sy het haar kinders agter die geslote kamerdeur gelos en ‘n ruit gebreek om na buite te kom waar sy ook ander mense gebel het om te kom help.

Vieira se pa, mnr. Vincent Vieira van Odendaalsrus, sê hy is baie ontsteld en kwaad oor sy seun se dood.

Die egpaar is nog maar ‘n jaar terug in Welkom nadat hulle lank in die Kaap was. In dié jaar is hulle in ‘n huis in ‘n ander woonbuurt in die stad deur inbrekers oorval en beroof en het besluit om die huis in Falstaffstraat, Bedelia, te koop omdat hulle geglo het dat dit veiliger daar sou wees.

Die egpaar het drie kinders, Natalee (13), Chantel (9) en Nicolas (5).

Enigiemand met inligting word gevra om kapt. Piet van Eck by 083-790-8964 te bel.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2516350,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: