Farm Murders


Egpaar beroof, ure aangehou
May 17, 2009, 7:58 am
Filed under: Uncategorized

‘n Polisievoertuig buite die huis op die plaas Tripolitania, waar mnr. John Leguori en sy vrou, Tersia (51), aangeval is. Foto: Maradine Ehitehorn

May 12 2009 07:41:42:913PM – (SA)

Loraine Lalp

Ladybrand. – ’n Egpaar is Sondagnag wreed op hul plaas in die Oos-Vrystaat aangerand en ure lank aangehou in die tweede plaasaanval binne twee dae in die Vrystaat.

Die egpaar het later daarin geslaag om te ontvlug terwyl hul aanvallers op hulle geskiet het.

Sers. Tshifiwa Muifa, polisiewoordvoerder, het gesê mnr. John Leguori (52) en sy vrou, Tersia (51), het saam met vriende op hul plaas, Tripolitania, naby Ladybrand gekuier. Nadat die vriende vertrek het, is die egpaar laataand na hul kamer.

Volgens ’n bron het mev. Le-guori op die bed gelê terwyl mnr. Leguori gestort het.

Die drie aanvallers, wat volgens die polisie die huis deur ’n badkamervenster binnegekom het, het mev. Leguori drie keer met ’n mes in die bors gesteek. Volgens die bron het die mans mnr. Leguori met messe in die kop en nek gesteek.

Muifa het gesê die rowers het die egpaar aangerand en mnr. Leguori se hande agter sy rug vasgebind. Hulle het mnr. Leguori gedwing om hulle te wys waar hy sy vuurwapens bêre en ook die egpaar se selfone geroof. Die aanvallers het alles wat van waarde is in sakke gepak.

Die rowers het volgens Muifa met die egpaar in mev. Leguori se motor in die rigting van die Caledonrivier gery.

By die rivier het een van die verdagtes volgens Muifa in ’n stadium uit die motor geklim, in die rigting van die rivier gestap en sy twee makkers by die egpaar in die motor agtergelaat.

Een van die aanvallers het probeer om mev. Leguori uit die motor te trek. Mnr. Leguori het hom losgewoel en die een aanvaller begin skop. Muifa het gesê die egpaar het die mans uit die motor geskop en weggejaag. Die verdagtes het op hulle geskiet.

Mev. Leguori het teen ’n boom gebots, maar hulle kon daarin slaag om na ’n buurplaas te hardloop waar hulp ontbied is.

Enigiemand met inligting kan speur-insp. Kobus Coetzee by 083 258 5350 bel.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2515393,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: