Farm Murders


Ses ontken skuld op moordklagte ná reservaatbaas se skietdood
April 17, 2009, 12:35 am
Filed under: Uncategorized

Die vermoorde mnr. Franz Richter

Apr 16 2009 10:33:13:720PM – (SA)

Daniëlla du Plooy en Liezl Temmingh

Al ses vermeende moordenaars van mnr. Franz Richter op sy wildreservaat Heia Safari Ranch in Muldersdrift in November 2007 het gister in die Johannesburgse hooggeregshof skuld ontken.

Richter (80) was dié dag op pad om werkers van Phumangena uMuzi, ’n Zoeloe-dorpie in die reservaat in die Wieg van die Mensdom, te gaan betaal toe hy en ’n werknemer by die deurgangshek oorval is. Richter is summier doodgeskiet.

Vier verdagtes is enkele ure ná die moord in die omgewing aangekeer.

Een vermeende moordenaar het voorheen in die reservaat gewerk en ’n ander beskuldigde, me. Celfwe Mbokazi, was Richter se huiswerker.

Sy het die mans vermoedelik inligting gegee oor wanneer hy die lone sou gaan betaal.

Mbokazi en mnre. Johnson Chwire, Dumisani Xulu, Gilbert Mosadi, Ronnie Khumalo en Vincent Dlamini staan tereg op aanklagte van moord, diefstal en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Chwire, Xulu, Mosadi en Khumalo word ook van korrupsie aangekla omdat hulle glo in Desember 2007 ’n polisieman in Krugersdorp met R15 000 probeer omkoop het om die dossiere van die saak teen hulle te vernietig.

Me. Gaby Burgmer, Richter se dogter en nou baas van die reservaat, en haar vriende en familielede het Dinsdag voor die hof teen misdaad betoog.

“Moeg vir misdaad!” en “Die doodsvonnis vir alle moordenaars” was die boodskap op van hul plakkate.

Die groep het ook plakkers met die woorde “Fight crime & take back our pride!” gedra.

Dit is deel van die Heia Safari Ranch se veldtog teen misdaad.

Burgmer, ’n staatsgetuie, was gister veral ongelukkig omdat die saak sedert Dinsdag twee keer uitgestel is omdat die verdediging meer tyd gevra het.

“Elke keer moet ons hier wees en dit is traumaties om die beskuldigdes daagliks te sien. Ek wil net hê geregtigheid moet so gou moontlik geskied.”

Die saak gaan na verwagting vandag voort.

Richter, oorspronklik van Duits- land, het die stuk grond waar Heia Safari vandag is, in 1970 in sy Afrika-droom omgeskep.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2502688,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: