Farm Murders


Speurders keer 5 aan ná kopskoot
March 29, 2009, 2:37 am
Filed under: Uncategorized

Mnr. Chris Nel (57), ‘n boer van Noordwes, en sy hond, Boelie, het albei skietwonde deur rowers oorleef. (Foto: Doug Lee)

28/03/2009 21:41 – (SA)

Erna van Wyk

Johannesburg

Vier maande nadat rowers mnr. Chris Nel (57), ’n boer van Noordwes, in die kop geskiet het, dank hy die Here dat sy brein nog helder is.

“My gestel, my liggaam, is wel vreeslik moeg,” het Nel die afgelope week uitasem aan Rapport gesê.

Vyf verdagtes is verlede week deur knap speurwerk van private speurders vasgetrek nadat die polisie niks kon uitrig nie.

Hulle het die afgelope week in die hof in Leeudoringstad verskyn.

Nel se geheue oor die gebeure het hy stelselmagtig weer aanmekaar gesit. Hy was op 27 November by die begrafnis van die 12-jarige Willem Steyn, wat in die Ottosdal-omgewing dood is toe hy tussen twee trekkers beland het.

Vriende by die begrafnis het hom vir aandete genooi. Hy het ná tienuur die aand by sy plaas aangekom waar die rowers hom ingewag het. Hulle het toe al ingebreek en vuurwapens en geld gesteel, maar buite vir hom gewag, glo Nel.

“Hulle het my vasgegryp. Ons het begin stoei. Hulle het my met ’n piksteel geslaan totdat ek my bewussyn verloor het en my toe in die kop geskiet.”

Sy hond, Boelie, is ook geskiet. Nel het twee uur later bygekom en dit reggekry om self na die hospitaal in Ottosdal te ry.

Daar het hy steke gekry en hy is saam met die polisie terug plaas toe.

Later die aand is hy egter na die hospitaal in Klerksdorp geneem van waar hy na die Unitas-hospitaal in Pretoria oorgeplaas is.

Die skietwond was ernstiger as wat gedink is en hy was lank in die hoë-sorgeenheid.

Kort ná die aanval het ’n familielid die private speurders Christian Botha en Daryl Els van CBI Investi-gations in Oos-Londen gekontak.

Botha het Els en mnr. Wayne Botha van EWB Investigations gevra om Nel se aanvallers te soek. Die deurbraak het gekom toe ’n man ’n tjek wou wissel wat tydens die rooftog gesteel is. Die bedrag daarop is verander.

Die man het vir Els-hulle gesê ene “James” het hom gevra om die tjek te wissel. Ook sou “James” vir hom gesê het hy het ’n boer doodgeskiet.

“Ons het ‘James’ se selfoonnommer nagespeur en vir hom gesê hy ’n prys gewen en moet na sy naaste MTN-winkel gaan,” sê Els.

By dié winkel in Wolmaransstad het Els-hulle die verdagte ingewag. Vyf mans, insluitend “James”, het voorverlede Donderdag by die winkel opgedaag en hulle is daar vasgetrek.

Hulle verskyn dié week weer in die hof.

Oorsprong:Rapport
http://jv.news24.com/Rapport/Suid-Afrika/0,,752-2460_2493154,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: