Farm Murders


‘Bly stil of ons maak jou vrek’, hoor DA-lid
March 18, 2009, 8:53 am
Filed under: Uncategorized

Mar 17 2009 10:26:49:070PM – (SA)

Daniëlla du Plooy

’n DA-raadslid van Johannesburg en haar huiswerker is Vrydag helder oordag in haar huis in Randburg oorval, vasgebind en herhaaldelik met ’n hamer aangerand.

Hulle het Afrikaans gepraat en een het aan me. Freda van Rooyen gesê sy moet stilbly, “anders maak ons jou vrek”.

Volgens Van Rooyen, DA-raadslid vir wyk 104 (Ferndale), het sy omstreeks 14:30 op haar bed gaan lê. Me. Cilla Kok, haar inwonende huiswerker, is buite die huis oorval toe sy die asblik gaan leegmaak het.

“Sy is hardhandig die huis ingedra deur twee mans, wat haar vasgebind en geblinddoek het. Hulle het haar ook gewurg.”

Van Rooyen vermoed ’n vorige huiswerker was betrokke by die aanval.

“Hulle het spesifiek gevra vir die kluis en die juwele binne-in, en in niks anders belang gestel nie. Hulle het ook die honde in ’n aparte vertrek gaan toesluit – net ek het ’n sleutel daarvoor, so iemand moes ’n duplikaat gemaak het.”

Nadat Kok op ’n bed gegooi is, het twee van die mans Van Rooyen in haar kamer oorval.

“Ek het nog gelê en die volgende oomblik was hulle by my. Een het my neus en mond toegehou en die ander het my gewurg.”

Die mans het eers met haar gepraat nadat hul makker die honde toegemaak het. Dis toe dat hulle gedreig het om haar “vrek” te maak. Hulle het een van haar broeke opgesny en Van Rooyen se hande en voete daarmee vasgebind en haar geblinddoek.

“Hulle het my aangerand en met ’n hamer teen my kop begin slaan. Dit het seker tien keer gebeur. Hulle het kwaad geword toe ek sê ek het nie die kluis se sleutel nie.”

Nadat hulle haar in die huis rondgesleep het, het die mans die kluis in Van Rooyen se kas gevind en dit met ’n pik, graaf en hamer oopgedwing. “Hulle het álles daarin gevat, onder meer van my eie en ’n vriendin se erfstukke en juwele. Hulle is daar weg en ek kon myself en Cilla lossny en hulp ontbied.”

Insp. Kym Cloete, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê een van die mans is vasgetrek. “Kok het hom Sondag in die buurt gesien, herken en die polisie ontbied.”

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2487152,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: