Farm Murders


Verdagte alleen gelos – met 1 boei
March 17, 2009, 8:55 am
Filed under: Uncategorized

Mnr. Fanie Keyser (47), wat in Desember 2007 in Marlothpark vermoor is.

Mar 16 2009 09:29:44:640PM – (SA)

Buks Viljoen

’n Hoëvlakondersoek is gelas nadat die verdagte in ’n opspraakwekkende moordsaak glo van agter op ’n oop polisiebakkie ontsnap het deur hom uit sy handboei los te wikkel.

Beeld het in Desember 2007 op die voorblad berig hoe mnr. Fanie Keyser (47), ’n verteenwoordiger in die farmaseutiese bedryf in Pretoria en deeltydse beesboer, met ’n AK47 doodgeskiet is kort nadat hy en sy gesin by hul vakansiehuis in Marlothpark teenaan die Krugerwildtuin aangekom het.

Die polisiebeamptes wat ’n verdagte in dié moord, mnr. Shadrack Ndzukula (18), verlede week vervoer het, het hom na bewering alleen op die bakkie gelos terwyl hulle by ’n kafee stilgehou het om kos te koop. Die enigste boei waarmee Ndzukula se een hand aan die bakkiereling vas was, was glo so slap dat hy net sy arm daaruit kon trek, het Beeld verneem.

’n Woedende mnr. Siphosezwe Masango, LUR vir veiligheid en sekuriteit in Mpumalanga, het die ondersoek na die ontsnapping gelas. Ndzukula se ontsnapping verlede Dinsdag het veral inwoners van Marlothpark erg geskok. Hy is in Augustus verlede jaar tydens ’n polisieklopjag op ’n kampong naby dié dorp vasgetrek. Sy makker, ’n 12-jarige seun, is ten tyde van die klopjag doodgeskiet.

Hulle het ’n AK47-aanvalsgeweer by hulle gehad toe die polisie toegeslaan het.

Aanvanklik is gesê Ndzukula het ontsnap terwyl hy van die hof na die polisiekantoor op Komatipoort geneem is. Behalwe om te bevestig dat hy ontsnap het, wou die polisie toe nie meer inligting oor die ontsnapping bekend maak nie. Beeld het intussen betroubaar verneem nalatigheid het waarskynlik ’n rol in die ontsnapping gespeel.

Die verdagte het na bewering nie tydens die rit tussen die hof en die polisiekantoor ontsnap nie, maar terwyl hy alleen agter op gesit en wag het. ’n Vangwa was glo nie beskikbaar om hom te vervoer nie.

Toe die polisiebeamptes uit die kafee kom, was die verdagte weg en het die boei steeds aan die reling gehang. Skynbaar was dit nie styf genoeg vasgemaak nie en het Ndzukula, ’n Mosambiekse burger, sy hand daaruit getrek en gevlug.

Masango het gister gesê die laksheid van sommige polisiebeamptes stel die lewens van inwoners van Mpumalanga in gevaar.

“Voorvalle soos dié ontsnapping skaad die goeie werk van die polisiemanne wat hom in die eerste plek in hegtenis geneem het.”

Die polisie op Komatipoort was nie gister beskikbaar om kommentaar te lewer nie.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2486530,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: