Farm Murders


Vroue in lugmag opgepas ná ‘verkragting’
March 15, 2009, 5:53 am
Filed under: Uncategorized

Kpl. Patrick Mokgolo (28) van die Waterkloof-lugmagbasis verlaat die streekhof in Pretoria-Noord waar hy tereg staan op aanklagte van verkragting, poging tot moord en onsedelike aanranding op ‘n blonde korporaal. (Foto: Lisa Hnatowicz)

14/03/2009 20:43 – (SA)

Sonja Carstens

Pretoria

Die Suid-Afrikaanse Lugmag moet veiligheidspersoneellede ontplooi om sy vroulike personeellede tydens operasies op te pas nadat ’n blondekop-korporaal na bewering by ’n oefenkamp in haar tent deur ’n kollega verkrag is.

Maj. Gabriel Blie het die afgelope week in die streekhof in Pretoria-Noord getuig dit was een van die “voorsorgmaatreëls” wat getref is ná kpl. Patrick Mokgolo se beweerde aanval op dié fyn 27-jarige vrou.

Vroue slaap sedert die voorval op 20 April 2007 by die lugmag se Ditholo-boskamp agter geslote deure, sê Blie. Hy was tydens die voorval die kampkommandant.

Mokgolo (28), van die Waterkloof-lugmagbasis, staan tereg op vier aanklagte van verkragting, poging tot moord en onsedelike aanranding.

Die staat beweer hy het sy jare lange kollega gewurg en probeer versmoor. Hy het haar aan haar hare gepluk, haar kop op die grond gestamp en haar met die vuis in die gesig geslaan. Toe het hy haar verkrag, word beweer.

Mokgolo, wat met DNS-monsters aan die vrou verbind word, beweer sy het toegestem tot seks.

Volgens hom beweer sy hy het haar verkrag omdat sy bang is haar kollegas “verloor respek vir haar omdat sy seks gehad het met ’n swart man”.

Sy het dit ontken en vertel hoe sy vergeefs om hulp geroep het.

Foto’s van haar beserings getuig hoe sy verbete geveg het om hom af te weer. Haar kampbed is in die gestoei gebreek. Sy het erge kneusmerke regoor haar lyf, wurgmerke aan haar keel en ’n stukkende lip.

Volgens haar het sy die nag wakker geword toe iemand aan haar tent se ritssluiter peuter. Sy het die ritssluiter met ’n skoenveter vasgebind en per selfoon een van haar kollegas opgespoor.

Skielik was ’n man in haar tent. Hy het iets oor sy gesig gedra en net sy oë het uitgesteek.

Hy het haar broek uitgetrek en haar verkrag. Ná die verkragting het die man bo-op haar aan die slaap geraak. Volgens die vrou het sy Mokgolo as haar aanvaller herken nadat maj. Ludi Meyer ’n flitslig in haar tent ingeskyn het.

Mokgolo het gevlug.

Luit. Irwin Langeveldt het getuig die erg getraumatiseerde vrou het hom halfnaak wakker gemaak en gesê Mokgolo het haar verkrag. Sy het gebewe en haar mond het gebloei.

Hy sê hy ken die vrou al jare en hulle is goed bevriend.

“Sy slaap nie rond nie. Sy sal ook nie so maklik ’n verhouding aanknoop nie,” het hy getuig.

Oorsprong:Rapport
http://jv.news24.com/Rapport/Suid-Afrika/0,,752-2460_2485629,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: