Farm Murders


Padvalk rig glo wapen op motoris
March 9, 2009, 6:11 am
Filed under: Uncategorized

Mnr. Johann Schreck van Witbank beweer ‘n verkeersman het hom met ‘n motor gestamp en ‘n vuurwapen op hom gerig. Foto: Theana Calitz

Mar 08 2009 10:02:44:947PM – (SA)

Daniel Maluleke

’n Provinsiale verkeersbeampte het glo langs ’n teerpad ’n motoris met sy verkeersmotor teen die knieë gestamp, die middelvingerteken vir hom gewys en ’n vuurwapen op hom gerig.

Mnr. Johann Schreck (44) van Witbank het die verkeersman glo aan die bors gegryp nadat dié die middelvingerteken vir hom gewys het.

Schreck het klagte van die rig van ’n vuurwapen en aanranding teen die verkeersman ingedien. Op sy beurt het die verkeersman klagte van regsverydeling, aanranding en opsetlike saakbeskadiging teen Schreck ingedien.

Schreck, sy vrou Madelein (28), en hul baba, Xavier (18 maande), was Woensdagmiddag van ’n vakansieplek by Bela-Bela (Warmbad) na Pretoria onderweg.

Hulle het by Schreck se ma in Pretoria gaan kuier.

Schreck is ’n toesighouer by die maatskappy Komatsu in Witbank.

Die gesin het op die ou Warmbadpad gery.

Naby Pienaarsrivier het Schreck nie “dood” by ’n stopteken stilgehou nie.

Sowat 2 km verder het hy die blou ligte van twee verkeersbeamptes, ’n man en ’n vrou, se motor agter kom gesien.

Hulle het beduie hy moet stilhou.

Die beamptes het gevra waarom hy nie “dood” gestop het nie.

Hulle het hom aangesê om uit te klim en na hul motor te stap.

“Hul (die verkeersmense se) motor se ruite was gekraak. Hulle het gesê dit het niks met my uit te waai nie.”

Schreck sê hy het gevra om hul identifikasiekaarte en rybewyse te sien “om te bevestig of hulle inderdaad verkeersbeamptes is, want ek wou nie my lewe asook dié van my gesin in gevaar stel nie.”

Die manlike verkeersman het glo toe die vingerteken gewys en later ’n vuurwapen uitgepluk en op hom gerig.

Volgens Schreck het hy voor die verkeersmotor gestaan. Die verkeersman het weer in sy motor geklim.

“Asof dit nie genoeg is nie, het hy my knieë daarmee gestamp.”

Mev. Schreck het aan die vroulike verkeersbeampte gevra wat haar man gedoen het om dié optrede te regverdig.

Die vroulike beampte het aan mev. Schreck gesê om stil te bly.

Die egpaar het in hul motor geklim en na ’n polisiekantoor gery.

Die verkeersbeamptes het hulle gevolg. Terwyl die egpaar hier ’n verklaring afgelê het, het die manlike verkeersbeampte glo gesê Schreck is rassisties.

Volgens Schreck was swart polisiebeamptes toe aan die verkeersbeampte se kant, terwyl wit polisiebeamptes aan sy (Schreck se) kant was.

Die verkeersbeamptes het, volgens Schreck, gesê dat hy een van hulle aangerand en gevloek het.

Volgens Shreck het die verkeersbeamptes aan die polisie gesê dat hy die verkeersboetekaartjie opgeskeur het.

Schreck het egter ’n opgefrommelde kaartjie aan Beeld gewys.

Insp. André van Staden, polisiewoordvoerder, sê die partye het klagte teen mekaar ingedien.

Van Staden het ten sterkste ontken dat daar, kort nadat die twee klaers hul verklarings afgelê het, ’n stryery tussen wit en swart polisiebeamptes was.

Volgens hom het die polisiebeamptes net gehelp om die twee strydende partye uit mekaar te hou. Van Staden het gesê dat die klaers rassistiese uitlatings teenoor mekaar gemaak het.

Van Staden het gesê dat Schreck ligte beserings aan sy knieë opgedoen het.

Die polisie ondersoek die klagte.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2481994,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: