Farm Murders


Getuienis oor gesteelde museumstukke is ‘bisar’
March 5, 2009, 7:43 am
Filed under: Uncategorized

Een van die “gesteelde” militêre voertuie word by die museum weggesleep. Foto: Lisa Skinner

Mar 04 2009 09:47:23:587PM – (SA)

Herman Scholtz

‘Ek dink dit is heeltemal bisar.”

So het regter L. Sapire gister gesê oor die getuienis van maj. John Keene, direkteur van nasionale museum vir militêre geskiedenis in Saxonwold, Johannesburg, wat vier jaar gelede weens “gesteelde” uitstalstukke gearresteer is.

Keene is sedertdien blind in een oog.

Hy en twee kurators, mnr. Richard Henry en me. Su?sanne Blendulf, eis saam meer as R1,8 miljoen skadevergoeding weens hul beweerde onregmatige arrestasie.

Lede van die militêre polisie en die polisie het op 13 Januarie 2005 op die museum toegeslaan en vier “vermoedelik gesteelde” militêre voertuie, waaronder ’n Ratel 20 en twee Elande, gekonfiskeer.

Mnr. Mosiuoa Lekota, destyds minister van verdediging, het die militêre polisie ná die klopjag geprys vir hul vinnige en doeltreffende optrede om “oorlogswapens” op te spoor en te “neutraliseer”.

Keene het gister getuig hy het van ’n operasie aan sy retina herstel toe sy ontstelde personeel hom gebel het. Ondanks die dokter se opdrag dat hy minstens 24 uur lank plat op sy rug moes lê, het hy besef dit is ernstig en museum toe gery.

Daar het dr. Pallo Jordan, minister van kuns en kultuur, asook mnr. Makgolo Makgolo, uitvoerende hoofbeampte van die drie noordelike vlagskip-museums, reeds gewag.

“Ek het die minister gevra wat aangaan, maar niemand het geweet nie.

“Toe sien ek vir Richard (Henry) buite op ’n bankie sit. Hy het gesê hy kan nie met my praat nie, want hy is onder arres.”

Ene sers. Bandat het Keene se regte aan hom voorgelees en hom gearresteer. Blendulf is kort daarna ook gearresteer en na die bankie gebring waar hulle geboei is.

Keene het aan kapt. Fanie Molapo probeer sê die museum is geakkrediteer en vrygestel van vuurwapenlisensies vir hul versameling wat uit skenkings bestaan.

“Hy het gesê dit beteken niks vir hom nie en ás ons so ’n lisensie het, dit in elk geval gekanselleer sal word.”

Die drie personeellede is eers na die Parkview-polisiekantoor geneem, waar hulle net in die motor gewag het totdat hulle na die Kameeldrift-polisiekantoor in Pretoria geneem is.

By dié stasie is hy aangesê om “stil te bly en in die hoek te gaan staan”.

Keene se vrou het later opgedaag en gesmeek om sy oogdruppels vir hom toe te dien om te keer dat hy blind word, maar die polisie het geweier.

Al drie is in die “onhigiëniese, stinkende” polisieselle opgesluit. Keene het ’n distriksgeneesheer se hulp gevra, maar dié versoek is blykbaar geïgnoreer.

’n Ander dokter is teen 01:30 toegelaat om hom te sien en dié het hom onmiddellik in die Pretoriase ooginstituut laat opneem.

Keene was net tydens die operasie self nie geboei nie en is selfs aan die nooddienste se draagbaar en sy hospitaalbed vasgeketting.

Die volgende oggend het die Johannesburgse landdroshof se staatsaanklaers geweier om die drie aan te kla en hulle is vrygelaat.

“Ná die voorval het ek uiters verneder gevoel. Dit het gevoel of die museum en die gedenkplek ontheilig is.

“Daar was niks wat ek vir my personeel kon doen nie.

“Dit het my magteloos en nutteloos laat voel.”

Die saak duur voort.

Polisiegedrag

Luidens hofstukke het ’n polisielid aan Blendulf gesê sy word gearresteer omdat “sy te veel praat”.

Keene het getuig die polisielid wat hulle na die Parkview-polisiestasie moes neem, het hom aanwysings daarheen gevra.

Die polisie het glo geweier dat Keene se oogdruppels toegedien word “omdat dit moontlik gif kan wees” en “hulle nie vir die dood van ’n misdadiger verantwoordelik wil wees nie”.

Volgens Keene het hy gevrees vir ’n ongeluk op pad na die selle in Pretoria omdat die polisielid “tussen 140 km/h en 160 km/h” gery het. Die voertuig se band het kort daarna gebars.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2480147,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: