Farm Murders


Taxi toet, ry kind dood
February 25, 2009, 8:05 am
Filed under: Uncategorized

Bernadine Kruger (16) is Maandag, 23 Februarie 2009, op pad na die Hoërskool Garsfontein in Pretoria dood nadat ‘n taxi eers aanhoudend vir haar getoeter het voordat dit van agter teen haar bromponie vasgery en toe bo-oor haar gery het.

Mnr. Danie Kruger, Bernadine se broer, en ‘n vriendin kyk geskok na sy suster se lyk. Foto’s: Herman Verwey

‘n Huilende mev. Elsabe Homan (regs) word deur haar suster, mev. Karlien de Klerk, getroos.


Zuandré an Niekerk en mnr. Danie Kruger troos mekaar op die toneel waar ‘n taxi van agter teen sy suster, Bernadine, op haar bromponie vas- en toe oor haar gery het terwyl sy op pad skool toe was. Foto: Herman Verwey

Mnr. Danie Kruger, Bernadine se broer, en ‘n vriendin troos mekaar nadat sy suster vroeër deur ‘n taxi doodgery is.

Feb 23 2009 09:46:17:523PM – (SA)

Virginia Keppler

’n Gr. 11-leerling is gisteroggend op pad na die Hoërskool Garsfontein in Pretoria dood nadat ’n taxi eers aanhoudend vir haar getoeter het voordat dit van agter teen haar bromponie vasgery en toe bo-oor haar gery het.

Bernadine Kruger (16) is op slag dood.

Sy het van haar pa, mnr. Koos Kruger (51), se huis in Garsfontein gery toe die ongeluk omstreeks 07:00 plaasgevind het.

Mnr. Hugo Vermaak, wat in Atterburyweg gery het, het dit tussen die kruisings met Jacqueline- en Genl. Louis Botharylaan gesien gebeur.

“Ek was in ’n westelike rigting op pad. Die verkeer was baie druk en ons het baie stadig beweeg.

“Ek het gesien hoe die meisie op haar klein scooter in ’n oostelike rigting ry. Sy was in die linkerkantste baan.

“Toe sien ek die taxi teen ’n hoë spoed agter haar aanry en hy het vir haar toeter geblaas. Net toe sy van baan wou verander, het hy haar voluit getref.

“Ek het gesien hoe haar mond oopgaan toe hy tref. Sy het geval en toe ry hy nog bo-oor haar ook. Dit was nie mooi nie,” het Vermaak vertel.

Net ná die ongeluk het die verkeer doodstil gaan staan en talle mense het uit hul motors gespring en na Berna-dine gehardloop om te kyk of hulle haar kon help.

Haar familie en beste maats was kort daarna op die toneel, waar haar skoolskoene langs haar lyk gelê het. Haar silwer bromponie het ’n ent verder af in die pad gelê.

Haar ma, mev. Elsabé Homan (44) van Montana in Pretoria, het vir ’n oomblik by haar dogter se lyk op die harde teerpad gekniel.

“Ek moes vir myself sien. Ek het haar vir oulaas drukkies gegee. Sy was my beste vriendin,” het sy vertel.

Volgens Homan was haar dogter ’n saggeaarde mens wat honderde vriende gehad het. Sy was lief vir dans en het akademies uitstekend presteer.

Bernadine se broer, Danie (18), het geskok na sy suster se halfbedekte lyk gekyk. “Sy was my legend gewees, want sy het haar lewe skoon en rein gehou,” het hy gesê.

’n Groep van haar vriende en haar broer het ’n paar meter van haar lyk af gekniel en saam gebid, terwyl ander hard en hartseer gehuil het.

Die polisie het onmiddellik ’n traumaberader na die toneel ontbied wat net daar aan familie en vriende berading gegee het.

Sers. Lynnette Erasmus, polisiewoordvoerder, het gesê dié is een van verskeie opgeleide beraders van verskillende kerke in die Garsfontein-polisiewyk wat in sulke gevalle uitgeroep word.

Die Hoërskool Garsfontein se ondersteuningspan, wat ’n sielkundige insluit, het ook twee dominees na die skool ontbied om met berading te help.

Mnr. Dirk van Zyl, skoolhoof, het gesê kort nadat mense gebel het met die nuus dat een van sy leerlinge raak gery is, het hy die twee adjunkhoofde en twee onderwysers na die toneel uitgestuur om te gaan vasstel wie dit is, want Bernadine het nie haar skooltas by haar gehad nie. “Dit het as ’n groot skok vir ons almal gekom. Dit is ’n ongelooflike slag. Sy was ’n baie oulike kind en het akademies baie goed gepresteer,” het Van Zyl gesê.

Erasmus het gesê die polisie ondersoek ’n klag van strafbare manslag. Die taxibestuurder is nog nie in hegtenis geneem nie omdat die polisie eers hul ondersoek na die ongeluk moet voltooi, het sy bygevoeg.

Geen begrafnisreëlings is nog getref nie.

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2474929,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: