Farm Murders


Pa waak voor sy dogter se sel
February 10, 2009, 7:58 am
Filed under: Uncategorized

Mnr. Gideon Theron en sy dogter Tonia voor die Bellville-polisiekantoor. (Foto: Lizané Louw)

Julian Jansen

Kaapstad

’n Pa het vier uur lank voor sy dogter se seldeur in die polisieselle in Bellville gewaak uit vrees dat sy deur aangehoudenes aangerand word.

Sy is opgesluit nadat sy in ’n polisievoertuig vasgery het.

Selfs ’n dokter het, nadat hy haar ondersoek het, teenoor die polisie aangedui dat sy nugter was, maar hulle het haar toegesluit sodat sy “haar roes kan afslaap”.

Mnr. Gideon Theron, ’n sakeman van Welgemoed, is hoogs ontstoke oor die behandeling wat sy dogter me. Tonia Theron van polisiebeamptes gekry het.

Maar, sê Tonia, ’n finan?siële bestuurder, sy was beslis nie dronk nie. “Selfs die dokter wat my ná die ongeluk in die Karl Bremer-hospitaal ondersoek het, het in sy verslag aan die polisie geskryf ek was nie dronk nie.

“My tyd in die polisieselle was een lang skrikwekkende ervaring. Ek was bang dat van die vroue my sal aanval en het nie ’n oog toegemaak nie.”

Haar pa oorweeg ’n siviele eis teen die polisie.

Tonia vertel dat sy en haar suster Anine (19) die kruising van Durbanweg en Bill Bezuidenhoutlaan in Bellville in haar swart Honda Civic genader het.

’n Polisievoertuig wat langs hulle gery het, het by die verkeersligte voor haar motor ingeswaai en sy moes noodgedwonge skerp na regs draai. Die motor het toe op die nat pad gegly en teen ’n verkeerslig tot stilstand gekom.

“Die ongeluk is hoofsaaklik deur die roekelose bestuur van die polisiebeampte veroorsaak.”

Die dokter het ’n bloedmonster geneem en die uitslag daarvan word later verwag.

Volgens haar pa “het die dokter die polisiemanne berispe omdat hulle sy tyd gemors het, omdat Tonia nie dronk was nie.

“Tog is Tonia aangekla van roekelose bestuur en ook dat sy onder die invloed van drank bestuur het.

“Tonia is deur ’n polisieman gedwing om ’n verklaring te gee en te onderteken. Hy het ook snedige opmerkings gemaak toe sy in haar huistaal, wat Afrikaans is, wou praat. Vir my is dit totaal onaanvaarbaar.

“Ek het die stasiebevelvoerder gevra om my dogter vry te laat, maar my pleidooi is begroet met arrogansie en vyandige gedrag. Ek was bang ek word ook in hegtenis geneem omdat ek so gepleit het. Ek het toe ’n vriend en eertydse direkteur in die polisie gebel om te help. Tonia is toe in die selle toegesluit.”

Theron het vanaf tienuur die aand tot ongeveer halfdrie die oggend voor sy dogter se sel gestaan, omdat hy “gevrees het sy word deur haar mede-aangehoudenes leed aangedoen. Ek moes ook die vyandigheid van die polisiebeamptes verduur”.

Sy dogter is die oggend om drie-uur vrygelaat nadat sy borgtog van R500 betaal het. Sy het die oggend in die hof verskyn.

Volgens Theron “moes die aanklaer in die dossier gesien het dat die dokter meld dat Tonia nié dronk was nie”.

Theron het ook klagtes oor die voorval aan die nasionale polisieminister gestuur.

Die onafhanklike klagte-direktoraat (OKD) het reeds met Tonia oor die voorval gepraat. Sy verskyn op 13 Maart in die Bellvillese hof.

Oorsprong:Rapport
http://www.news24.com/Rapport/Suid-Afrika/0,,752-2460_2466075,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: