Farm Murders


Gesukkel om arts se bakkie oor grens te bring
February 6, 2009, 12:00 am
Filed under: Uncategorized

Mev. Marilise Meyer (34) en haar babaseun, Wouter (ses maande).

Feb 05 2009 09:44:40:570PM – (SA)

Virginia Keppler

“Ek gaan my man baie mis, veral sy geselskap en ons tye wat ons saam gewerk het.”

So het die vrou van die wildveearts wat langs haar doodgeskiet is, gister gesê kort voordat sy sy lyk gaan uitken het.

“Dit is nie lekker om jou lewensmaat te verloor nie.”

Mev. Marilise Meyer (34) is ’n veeartsenykundige assistent wat saam met haar man, dr. Paul Meyer (38), gewerk het. Hulle was sowat anderhalf jaar getroud.

Sy het gesê dit is onverklaarbaar dat sy nou sukkel om hul bakkie uit Mosambiek te kry, terwyl hul aanvallers so maklik daarmee oor die grens kon vlug. Sy kan dit blykbaar nie sonder die voertuig se dokumente terug in Suid-Afrika kry nie.

“Ek kan dit nie verstaan nie, want daar was geen dokumente toe die voertuig oor die grens is nie,” het sy kwaad gesê.

Hul aanvallers het die bakkie in Mosambiek agtergelaat en gevlug.

Verskeie van hul persoonlike besittings wat geroof is, is ook teruggekry, het sy gesê. Hul ander bakkie is kort ná die moord en rooftog in die Krugerwildtuin gekry.

Vier gewapende mans het die Meyer-gesin en hul vriende, mnr. Pierre en mev. Sue Gallagher, Dinsdagaand in die gesin se kombuis op ’n plaas naby die Selati-wildreservaat oorrompel en in die Meyers se twee bakkies ontvoer.

Naby die reservaat se hoofhek is dr. Meyer geskiet toe hy vermoedelik die wapen uit die een rowers se hande probeer gryp het.

Sowat 70 km verder het die rowers van die teerpad afgery en die bakkies se opsporingstoestelle verwyder. In dié tyd moes mev. Meyer haar baba, Wouter (ses maande), borsvoed om hom stil te hou. Omstreeks 04:30 het die rowers met die bakkies en hul buit gevlug en die slagoffers agtergelaat.

Mev. Meyer en Wouter woon tans by vriende in Gravelotte.

Sy het gesê haar blou linkeroog, kop en skouer is nog seer waar sy met ’n pistool geslaan is, asook haar stuitjie, waar die aanvallers haar met ’n bobbejaansleutel geslaan het.

Meyer word Dinsdag om 11:00 vanuit die NG kerk Gravelotte begrawe.

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2465117,00.html


4 Comments so far
Leave a comment

Ek is jammer Mev. Meyer dat dit met u en u familie gebeur het. Ek voel skuldig want ek en my mede volksgenote doen niks om ons mense uit hierdie situasie te bring nie. Al wat ek kan se is dat ek nie sal vergeet nie, en ook nie vergewe nie.

Comment by Anonymous

Paul was matriek toe ek standerd 6 was in lichtenburg. Hy was altyd ‘n hardwerkende en wonderlike mens. Hy was dux leerling van standerd 6 tot matriek. Hy’t dit beslis nie verdien om so te gaan nie. Sy ma het vir ons wiskunde gegee. Ek kry sy ouers bitterlik jammer. Dis hul tweede seun wat hulle verloor. Ek is verskriklik jammer, en jul almal sal in my gebede wees.

Comment by Anonymous

Paul was murdered on 3-Feb 2008. The funeral service is Tuesday 10-Feb-2009, 11h00 at Gravelotte Dutch Reformed Church.http://www.wildlifevet.com/

Comment by Anonymous

Ek is jammer mev Meyer. Die wiel sal draai en ons dag sal kom…Willempie

Comment by willempie




Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: