Farm Murders


Bejaarde getakel toe ring nie afkom
February 2, 2009, 8:43 am
Filed under: Uncategorized

Feb 01 2009 09:54:11:863PM – (SA)

Herman Scholtz

’n Vrou (65) wat aan veelvuldige sklerose ly, is wreed aangerand toe rowers nie daarin kon slaag om ’n ring van haar vinger af te byt nie.

Me. Sheila Huart en haar beste vriendin, me. Petra Baxter (62), is in hul veiligheidskompleks in Ontdekkerspark aan die Wes-Rand deur twee gewapende mans oorval.

Volgens mnr. Gavin Huart, me. Huart se seun, het die twee vroue Donderdag omstreeks 13:00 gaan inkopies doen.

“Toe hulle terugkom by die huis, het hulle die veiligheidshek oopgemaak en ingery. Hulle het daar gestaan en wag vir die hek om toe te maak voordat hulle verder ry, aangesien hulle baie veiligheidsbewus is.”

Twee gewapende mans het ingeglip en die afstandbeheerder uit Baxter, wat in die bestuurdersitplek gesit het, se hande gegryp.

“Die noodknoppie van die sekuriteitstelsel is ook op die afstandbeheerder en die vroue kon niks doen om hulself te beskerm nie,” het Huart gesê.

Die rowers het Baxter se juwele geëis wat sy oorhandig het.

“My ma dra nooit haar juwele nie, maar sy het dit dié dag gedra omdat hulle uitgegaan het om haar te bederf. Behalwe dat die vyf ringe sowat R120 000 werd is, het dit baie sentimentele waarde. Dit is alles erfstukke wat nou al vir etlike dekades vererf word.”

Die rowers het albei hul vuurwapens teen me. Huart se kop gedruk en geskreeu: “Bly stil of ons maak jou vrek!” Sy het aangebied om die ringe self af te haal en vir die rowers te gee.

Sy het vier ringe, twee wat sy vroeër jare self ontwerp het met familie-diamante uit Brittanje, asook twee erfstukke, afgehaal.

“Haar trouring wou nie afkom nie, want sy het dit die afgelope 30 jaar nog nie afgehaal nie,” het haar seun vertel. “Die rowers het haar vinger begin byt om die ring af te kry, maar dit wou net nie af nie.”

Toe het die rowers me. Huart met die vuurwapens begin aanval.

“Hulle het haar eers in die gesig en oor die kop begin slaan,” het Huart gesê. Daarna het hulle haar geskop en met die vuiste geslaan – selfs toe sy al op die grond gelê en huil het.

Baxter is nie aangeval nie, maar gedwing om haar Toyota Corolla se sleutels in die aansitter te sit. Die rowers het daarmee weggejaag.

Dié het ’n entjie van die veiligheidskompleks gaan staan aangesien die motor met ’n veiligheidstoestel toegerus is. Dit is later teruggevind.

Die vroue se handsakke, wat in die motor was, is gebuit.

Die trouring aan Huart se vinger moes dringend by die hospitaal verwyder word omdat “haar vingers teen dié tyd so dik soos gholfballe geswel was”.

“My ma se gesig is byna vernietig.

“Haar lippe, tande, kakebeen, oogbanke, alles,” het haar seun gesê.

“Die aanval is ’n belediging vir my ma se menswees. Dié goed kweek ’n algehele en volslae haat by slagoffers van misdaad,” het mnr. Huart bygevoeg.

Insp. Tebogo Kgomo, polisiewoordvoerder, kon nie gister bevestig of enige verdagtes al aangekeer is nie.

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2462561,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: