Farm Murders


‘Help, daar word geskiet!’
January 27, 2009, 8:45 am
Filed under: Uncategorized

Mnr. Chris Pretorius

Jan 26 2009 09:41:25:897PM – (SA)

Buks Viljoen

“Help, daar word op ons geskiet!”

So lui die SMS wat die 19-jarige me. Charise Pretorius gisteroggend aan haar peetpa, mnr. Charl Oosthuizen, gestuur het kort nadat haar pa, Chris (42), doodgeskiet is.

Pretorius is gister omstreeks 01:00 in sy huis in Bosloeriestraat in Stonehenge, Nelspruit, doodgeskiet.

Die twee moordenaars het deur die oop kombuisvenster geklim. Die venster het nie diefwering nie.

“Ek het die hele aand ’n onaardige gevoel gehad dat iets verkeerd is,” het Pretorius sr. se broerskind, Jan (25), gister aan Beeld gesê.

Jan het op die sitkamerbank gesit en TV kyk terwyl sy niggie, Chané (15), daar op ’n matras gelê en slaap het.

“In ’n stadium het ek ’n skaduwee-beweging in die gang gesien, maar gedog dis Charise (Chané se suster) wat badkamer toe gegaan het.

“Toe ek by die gang inloop, het ek trompop teen ’n inbreker vasgeloop,” het Jan gesê.

Hy het gehardloop na sy oom se kamer, waar dié en sy vrou, Karenita (38), geslaap het. “Oom Chris het opgespring en verby my gehardloop. Toe hy by die deur uitgaan, het skote geklap. Hy het net daar (in die slaapkamerdeur) inmekaar gesak,” het Jan gesê.

Hy is glo in die nek en bors getref. ’n Stukkie van ’n opslagkoeël het Jan in die regterheup getref.

Jan het intussen die kluis in die hoofslaapkamer oopgesluit en ’n 9 mm-pistool uitgehaal en saam met mev. Pretorius in die hoofslaapkamer se badkamer gaan wegkruip.

“Ons het besef Chané lê nog in die sitkamer en slaap.” Hy het nie geweet waar Charise toe was nie.

Die moordenaars het toe gevlug. Een van hulle het weer ’n skoot geskiet terwyl hulle by die kombuisvenster uit is. Dié koeël se punt het in die strykkas in die kombuis vasgeslaan. Drie 9 mm-koeëldoppies is ook in die huis opgetel.

Oosthuizen, Chris se boesemvriend van die afgelope 20 jaar, het kort ná die skietery by die huis opgedaag nadat hy die SMS gekry het.

Paramedici het Pretorius op die toneel dood verklaar.

Volgens insp. Dawie Pretorius (geen verwantskap), polisiewoordvoerder, is die elektriese heining bo-op die tuinmuur afgeknip en het die booswigte só toegang tot die erf verkry.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die slagoffer en Oosthuizen was kollegas by Canon in die Laeveld.

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2459367,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: