Farm Murders


Verkragverdagte vas danksy DA-raadslids
January 23, 2009, 9:00 am
Filed under: Uncategorized

Mnr. Bertus le Roux, DA-raadslid, op die plek waar hy ‘n vermeende verkragter met die hulp van supt. Nic Rautenbach vasgetrek het.Foto: Nicolize van der Walt

Jan 22 2009 09:46:12:093PM – (SA)

Nicolize van der Walt

Potchefstroom. – ’n DA-raadslid het gehelp om die vermeende verkragter van ’n bekende sakevrou hier aan te keer.

Die vrou is Woensdagoggend in haar huis verkrag.

Mnr. Bertus le Roux, ’n DA-raadslid en huisvader van die Villagers-stadskoshuis van die Noordwes-Universiteit se Puk-kampus, het gisteroggend iemand in die buurt gesien wat soos die verdagte lyk.

“Ek onthou die ondersoekbeampte het gesê die verdagte het toutjieshare soos ’n Rasta-man.

“Toe ek die man hier in ons buurt sien, het ek besluit om hom te agtervolg. Hy het deurentyd omgedraai en vir my tekens gewys. Hy was baie aggressief. Ek het net besluit: ‘Al moet ek jou omry, jy gaan nie weg kom nie’,’’ het Le Roux vertel

Hy het supt. Nic Rautenbach, wat ook in die omgewing woon, gebel. Die twee het die verdagte saam aangekeer.

Ná sy arrestasie het hulle agtergekom daar was ’n mes in sy mou versteek.

Inwoners was gister steeds hoogs ontsteld oor die voorval. Hulle vrees almal misdaad kan in hul buurt toeneem.

“Hier naby is ’n tydelike kamp vir bouwerkers opgerig,” het me. Juanita Terblanche, ’n DA-LP wat naby die slagoffer woon, gesê.

“Almal het aangeneem dit mag dalk een van dié mense wees, want sedert hulle hier is, is daar ’n toeloop van vreemdes in ons stil buurt.

“Ons is net bly die skuldige is vas.”

‘n Familielid van die verkragte vrou het aan Beeld gesê sy is tans onder doktersbehandeling en ontvang berading. “Ons kry fantastiese ondersteuning vanuit die gemeenskap en wil net sê die polisie het die saak briljant gehanteer.

“Hulle was professioneel en het die verdagte vinnig aangekeer. Ons is baie dankbaar daarvoor.”

Insp. Wilmarie van der Merwe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die vermeende verkragter sal na verwagting vandag in die hof verskyn.

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2457631,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: