Farm Murders


‘Ek kan nie glo hy is weg nie’
January 18, 2009, 6:43 am
Filed under: Uncategorized

Die trane loop oor mev. Cecilia Trollip se wange terwyl sy vertel van haar man, Herbert, wat gisteroggend in Bronkhorstspruit vermoor is.Foto: Herman Verwey

Jan 16 2009 10:20:40:333PM – (SA)

Hilda Fourie

Mev. Cecilia Trollip het haar man, Herbert, gistermiddag by hul huis in Witbank verwag.

In plaas daarvan het sy gisteroggend ’n oproep gekry dat hy by sy woonplek in Bronkhorstspruit doodgeskiet is.

Volgens mev. Trollip (47) bly haar man sedert Augustus verlede jaar in Bronkhorstspruit waar hy as ’n passer werk.

In die week het mnr. Trollip (45) in die dorp loseer in ’n kamer wat aan ’n huis gegrens het.

Hy het elke naweek huis toe gegaan na hul plaas buite Witbank. Mev. Trollip het gistermiddag, kort voordat sy haar man se lyk by die Bronkhorstspruit-polisiekantoor gaan uitken het, gesê die mense by wie haar man woon het kort ná middernag haar man gehoor skree.

“Hy het geskree: ‘Hulle het ’n gun, hulle het ’n gun.’

“Die mense het eers twee skote gehoor, toe een en toe is dit stil,” het mev. Trollip gesê.

Mnr. Johannes Jaftha, polisiewoordvoerder, het gesê nadat die mense die skote gehoor het, het hulle gaan ondersoek instel.

Hulle het op mnr. Trollip afgekom waar hy in die deur van sy kamer in ’n poel bloed gelê het, het Jaftha gesê.

Drie selfone word uit mnr. Trollip se huis vermis.

Volgens mev. Trollip is haar man twee keer in die bors en een keer in die kop geskiet.

Toe die nooddienste op die toneel kom, was mnr. Trollip reeds dood.

“Ek het nog gisteraand (eergisteraand) met hom gepraat. Hy het gesê hy sal my laat weet wanneer hy ry,” het mev. Trollip gesê.

“Hy het nooit daarvan gehou om só weg van die huis af te werk nie, want dan was ons van mekaar geskei.

“Toe hulle my bel, het ek nie werklik besef wat gebeur het nie.

“Eers nadat ek met die kaptein gepraat het, het ek besef wat hy gesê het.

“Hierdie moes net ’n rooftog gewees het, want Herbert het nie vyande gehad nie. Hy was saggeaard en het nooit baklei nie.

“Herbert het die laaste tyd meer en meer vir my gesê hy is lief vir my. Ons was altyd bymekaar.

“Ek kan nie glo hy is weg nie.

“Ek is baie seer en stukkend,” het sy snikkend gesê.

Buiten vir sy vrou, laat mnr. Trollip ook sy drie seuns, Riaan (24), Danie (22) en Herbert (20), twee broers, drie susters en sy ma, Rina, wat oormôre 73 jaar oud word, agter.

Die finale begrafnisreëlings is nog nie getref nie.

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2454517,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: