Farm Murders


‘Seuns moet volk beskerm’
December 14, 2008, 7:58 am
Filed under: Uncategorized

Kommandant Franz Jooste, uitvoerende hoof van die kommandokorps, gesels oor die “regse kindersoldate” en plaaskampe waar voornemende lede van die kommandokorps opgelei word om hulself in die “chaos van die land” te kan handhaaf. In die agtergrond is die Afrikanervlag – ‘n weergawe van die ou Suid-Afrikaanse vlag sónder die Union Jack. (Foto: Craig Nieuwenhuizen)

13/12/2008 20:40 – (SA)

Marthinus van Vuuren

Pretoria

Jong Afrikanerseuns het sedert die afskaffing van diensplig ruggraatloos geword, sê kmdt. Franz Jooste, uitvoerende hoof van die Kommandokorps.

Hulle moet “opgelei” word om trots te wees op hulself en hul volk, om hul volk – die blanke Afrikanervolk – te beskerm.

Dít is waar die Kommandokorps in die prentjie kom. Oor dié organisasie het daar die afgelope week ’n storm losgebars nadat skoliere glo “ontvoer” is om “bomme te maak” om “swart mense aan te val”.

Die bewerings spruit uit die arrestasie van mnr. Wentzel Laubscher, ’n drilsersant van die korps, wat glo ’n 15-jarige seun vir dié doel ontvoer het.

Jooste, wat die bewerings ten sterkste ontken, was Vrydag steeds besig om vure dood te slaan.

“Een van die joernaliste het my gevra oor haatspraak. Daar is nie haatspraak in die Kommandokorps nie – daar is ’n haat vir misdadigers.”

Dit is wél ’n onbetwisbare feit dat die Kommandokorps net wit mense toelaat.

Dit is ’n “Afrikanerorganisasie” en die Afrikaner is ’n “blanke ras” midde-in ’n oorlog, verduidelik Jooste.

“Net soos die ANC vir Umkhonto we Sizwe en die PAC vir Apla as sterk arms het, het die Boere-Afrikanervolk die kommando as sterk arm.”

Jooste glo “ons” bevind ons in ’n guerrilla-oorlog waar die vyand aanval, onttrek en na die volgende gebied verskuif om net weer dieselfde te doen.

Dit is volksmoord.

“Ons wil net ons mense beskerm en as gevolg daarvan sit ’n man nou in die tronk.”

Die Kommandokorps het ’n defensiewe agenda, ’n agenda teen die vyand.

Hulle beoog om die leemte te vul wat weens die afskaffing van die kommandostelsel ontstaan het.

“Die vyand is nie noodwendig swart nie. Dit is enigiemand wat my of iemand na aan my se lewe of eiendom bedreig. Dit is ’n onsigbare vyand. Hy kom na jou toe en is offensief. Jý moet defensief optree.”

Die Kommandokorps, wat beheer word deur ’n “opperraad” van 12 direkteure en 8 “kommandement-bevelvoerders”, het vier (wettige) projekte om sy lede teen dié vyand te beskerm.

Dit is weerbaarheidsopleiding, kadetopleiding, leiervorming van oud-lede van die weermag en polisie en kommandostigting.

Weerbaarheidsopleiding behels dat lede van vuurwapens en huisbeveiliging geleer word.

Kadette is tussen 16 en 40 jaar oud.

Met dié projek word sterk klem gelê op dissipline tydens kampe waar daar gefokus word op netheid, orde, opdragte en drilwerk. Die kadette word ook geleer van veldkuns, spoorsny, kamoeflering, hakkejagoperasies (waarin aanvallers agternagesit word) en vuurwapens.

Jooste beklemtoon dat ploftoestelle nooit gebruik word nie, want hulle het dit nie nodig nie.

“Ons doen dit al van 2000 af en het meer as 1 000 kadette opgelei. Daar was nog nooit ’n voorval nie, want daar is militêre dissipline.”

Dit is juis die militêre dissipline wat voorkom dat kadette van die Kommandokorps om die verkeerde redes in die nuus beland.

“Ons wil keer dat jong seuns soos Johann Nel (die Skierlik-moordenaar) optree. Ons wil ook nóg ’n Boeremag voorkom. Hulle was Afrikanerseuns wat iets wou doen, toe doen hulle die verkeerde ding.

“Sulke frustrasies loop uit op onverantwoordelike optrede. Dit moet gekanaliseer word in sinvolle opleiding.”

Oorsprong:Rapport
http://www.news24.com/Rapport/Suid-Afrika/0,,752-2460_2441978,00.html


3 Comments so far
Leave a comment

As blanke Suid-Afrikaners stem ek hoegenaamd nie saam met hierdie onaanvaarbare en uitgediende praktyke nie.Alhoewel ek begrip het vir persoonlike beskerming en opleiding glo ek dat alle [jong] Suid-Afrikanes opleiding gegun moet word binne ‘n sosio-politiese klimaat van integrasie, verstaan en vertroue.Opleding vir alle Suid-Afrikaners behoort verder plaas te vind binne professionele, ekenomiese en vaardigheidverband waar die klem gele moet word op akademiese / besigheidsopleiding – nie jong mans met gewere en ‘n uitgediende vlag nie. Selfs net bewapen met ‘n graaf sal hulle reeds meer kan inspit tot ekenomiese ontwikeling wat hedendaags nodiger is as kommandos en soldate. Die huidige en dinamiese politiese klimaatsverandering binne Suid-Afrika behoort vir regse Afrikaners ‘n aanduideding te gee dat hulle regte binnekort meer vryheid en respek gegun sal word.Franz Jooste is mynsinsiens ‘n vernedering vir blanke leiers met visie vir integrasie en verandering. Dit is jammer dat jong mans onder sy “bestuur” geplaas word vir hoegenaamd enige opleiding.

Comment by Vernon Chalmers

So the Afrikaners are not allowed to have self-defence training, but take a look at the SAPA picture page, showing the Umkhonte We Sizwe cadres in their uniforms, singing their infamous ‘kill the Boer’ song while still being very much alive and kicking, and they aren’t exactly a ‘self-defence’ unit are they? They are the guys who plant bombs and kill people indiscriminately and then are hailed as heroes by Jacob Zuma and his sort. ALSO SEE THE FOLLOWING VERY EXCELLENT ARTICLE ON A CANADIAN WEBSITE TODAY:Afrikaners: “Ruling party is plunging South Africa into civil war with its greed, malice…’ http://www.digitaljournal.com/article/263651

Comment by Censorbugbear

Hoe kan ek hierdie mense kontak?

Comment by Frederik




Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: