Farm Murders


Oos-Randse prokureur voor TV doodgeskiet
November 27, 2008, 10:18 am
Filed under: Uncategorized

Nov 26 2008 10:06:36:903PM – (SA)

Gloria Edwards

’n Oos-Randse prokureur is eergister koelbloedig doodgeskiet toe hy glo in sy Benoni-huis voor die TV aan die slaap geraak het.

Slegs sy selfoon is gebuit.

Mnr. Peter Moodie (36), die pa van twee jong kinders, is glo deur ’n kussing in die maag geskiet toe hy net ná middernag voor die TV in die woonkamer van sy huis in Honibalstraat, Rynfield, aan die slaap geraak het.

Sy vrou, Beulah (35), en twee jong kinders, Connor (7) en Morgan (4), het in hul kamers geslaap toe die voorval gebeur het en het glo nie die skoot gehoor nie.

Beulah het gister vertel hoe sy wakker geskrik toe sy haar man hoor skreeu het: “Ek gaan jou doodmaak! Ek gaan jou doodmaak!”

“Ek het na hom toe gehardloop en hom op die vloer langs die kroeg gevind. Hy was bewusteloos maar het nog asemgehaal. Ek het eers gedink hy het flou geval of is gesteek, want die skietwond in sy maag was klein en daar was nie eens bloed nie. Ek het toe kussingvere uit die wond gehaal, hulle moes geskiet het deur die kussing wat hy vasgehou het.”

Sy vermoed dat Moodie sy aanvallers uit die huis gejaag en toe voor die kroeg neergesak het. “Hy wou ons beskerm.”

Moodie, wat ook in die staalbedryf gewerk het, is op die toneel dood.

“Connor wou kort hierna weet wie gaan nou sy pappa wees.”

Volgens Beulah was haar man lief daarvoor om tot laataand televisie te kyk en op die bank aan die slaap te raak.

Die gesin het skaars twee maande gelede besluit om nie te emigreer nie. “Ons was vasbeslote om na Engeland te emigreer, toe besluit ons daarteen want ons het gedink dit is te lekker in Suid-Afrika. En kyk nou wat gebeur. Misdaad is nie meer net misdaad nie, dis suiwer kwaadwilligheid. Hulle kom gewapen so hulle wíl mens doodmaak, sommer in jou slaap.”

Konst. Godin Nyathi, Benoni-polisiewoordvoerder, het gesê die saak word ondersoek. “Nog geen arrestasies is gemaak nie.”

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2433219,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: