Farm Murders


Soek hulp met skêr in haar rug
October 28, 2008, 8:16 am
Filed under: Uncategorized

Oct 27 2008 10:25:30:190PM – (SA)

Amanda Roestoff

Terwyl sy nog van dubbele longontsteking probeer herstel het, is ’n 64-jarige ontvangsdame die naweek ses keer met ’n mes in haar woonstel in Krugersdorp gesteek.

Mev. Juffie van der Westhuizen, ontvangsdame van dr. Anne-Marie Nel, moes Sondag ’n noodoperasie ondergaan om die aar by haar wangbeen en slukderm te heg.

Van der Westhuizen was volgens haar dogter, mev. Christa Ras nog baie swak nadat sy vroeër die week vir dubbele longontsteking behandel is.

Die aanvaller het Sondag kort ná middernag vermoedelik tussen ’n veiligheidshek en ’n geut na die boonste verdieping van mev. van der Westhuizen se woonstel by Golfview-kompleks in Paardekraalweg, opgeklouter en toegang tot ’n venster gekry wat op ’n skrefie oop was.

“My ma sê sy het wakker geskrik toe haar aanvaller bo-op haar sit en haar begin steek,” sê mev. Ras.

Haar aanvaller het haar glo herhaaldelik met die vuis geslaan, met die skêr in haar gesig gekrap.

Daarna het hy haar twee keer in die nek, een keer in haar rug en onderskeidelik drie keer met die skêr naby haar skouer- en borsbeen begin steek.

Met die skêr nog in haar rug gedruk, het die aanvaller haar uit haar kamer gestamp en die deur gesluit om vermoedelik na sy buit te soek.

Sy het die kans aangegryp om hulp by inwoners in die woonstelblok te gaan soek.

Sy het volgens Ras “al bloeiend en kaalvoet in die reën, die trappe afgeklim en by ’n buurvrou op die grondvloer gaan aanklop.

Die familie is toe telefonies ontbied, terwyl inwoners ’n handdoek om van der Westhuizen se nek gedraai het om die “geweldige bloeding” te stol.

Die familie het haar agter op ’n motor se sitplek gelaai en hospitaal toe gehaas.

Volgens Ras het sy haar ma stewig vasgehou, sodat die skêr nie verder in haar rug insteek nie.

Haar aanvaller het vermoedelik deur dieselfde kamer na onder geklouter en met haar beursie, wat sowat R500 kontant bevat het, gevlug.

Me. Melanie Besselaar, woordvoerder van die Netcare Krugersdorp-private hospitaal, het gesê mev. van der Westhuizen word steeds in die trauma-intensiewe eenheid van die hospitaal behandel.

Sy is steeds in ’n bedenklike, maar bestendige toestand.

Kapt. Jacob Raboroko, polisiewoordvoerder, sê niemand is nog in verband met die aanval op Van der Westhuizen in hegtenis geneem nie.

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2416982,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: