Farm Murders


Woeste rassegeveg by straat-vergadering: metroraad in spervuur
October 24, 2008, 8:29 am
Filed under: Uncategorized

Oct 23 2008 09:37:47:197PM – (SA)

Cobus Claassen

Die Tshwane-metroraad is in die spervuur oor sy hantering van die openbare straatnaamdebat nadat eergisteraand se vergadering in die Pretoria-Noord-stadsaal op ’n woeste rassegeveg tussen inwoners uitgeloop het.

Emosies oor dié raad se voorgestelde veranderings van straatname het so oorgekook dat die polisie die oproeriges met traangas uitmekaargejaag het.

Die geveg is glo ontketen toe ’n inwoner ’n ander man met ’n stoel oor die kop geslaan het. Twee groepe van verskillende rasse het onder mekaar ingevlieg. Die polisie en die metropolisie moes bontstaan om die situasie te ontlont en het versterkings ontplooi.

Na verneem word, is niemand ernstig beseer nie.

Ontevredenheid het agterna geheers toe net een groep toegelaat is om verder aan die vergadering deel te neem, terwyl die ander groep toegang geweier is.

Chaos en onderlinge rassespanning het die raad se reeks deelnamevergaderings deurgaans gekenmerk.

Mnr. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum wat self onder die geweld deurgeloop het, het gister bevestig hy het ’n klag van aanranding teen dir. Ndumiso Jaca van die Tshwane-metropolisie ingedien.

Kriel sê Jaca het hom hardhandig begin rondstamp nadat hy dit onder Jaca se aandag gebring het dat die man “wat vir die stoelslanery verantwoordelik was”, steeds in die saal is.

“Ek het dit duidelik gemaak dat ek geen aandeel gehad het in die ontwrigting nie en het my nie teëgesit nie.”

Volgens Kriel is daar ooggetuies “wat bereid is om die gebeure onder eed te bevestig”.

Jaca wou nie gister met Beeld praat nie.

AfriForum het sy kommer uitgespreek oor die polisie en die metropolisie “wat as instrumente van die ANC gebruik is om almal by die vergadering te teiken wat teen die straatnaamveranderings gekant is”.

Die VF+ meen die ANC se roekelose hantering van die kwessie het krisis-afmetings aangeneem en ingryping is dringend nodig.

“Die geweld het uitgebreek toe ’n swart inwoner ’n wit inwoner met ’n stoel geslaan het. ’n Wit man is gearresteer, terwyl die stoelslaner nie eens aangespreek is nie,” het mnr. Willie Spies, VF+-LP, gesê.

Die polisie het bevestig ’n 26-jarige man is in hegtenis geneem.

Mnr. Dana Wannenburg, DA-raadslid, het gesê die proses wat die ANC volg om die straatname te verander is onaanvaarbaar.

Die DA distansieer hom “van wat op die vergadering gebeur het” en vra dat ’n geloofwaardige en onafhanklike proses begin word.

Mnr. Khorombi Dau, die raad se speaker, het gesê dit is jammer die vergadering het op so ’n “onaangename wyse” afgeloop.

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2415118,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: