Farm Murders


2 broers se trane toe moordenaars skuldig bevind word
October 24, 2008, 8:44 am
Filed under: Uncategorized

Mev. Yvette Maritz, die vermoorde se weduwee, buite die hof. Foto: Herman Verwey

Oct 23 2008 09:37:54:353PM – (SA)

Hilda Fourie

Twee broers het gister die trane afgevee toe twee mans weens die moord op hul broer skuldig bevind is.

Mnr. Manie Maritz (47), ’n takbestuurder van BMW, is op 15 Julie verlede jaar voor sy gestremde dogter by hul huis in Constantiapark, in die ooste van Pretoria, doodgeskiet.

Frans Mthabesitha (26) en Patric Sithole (36) is in die Pretoriase hooggeregshof skuldig bevind weens die moord op Maritz en die aanranding van sy dogter.

Sithole is ook skuldig bevind op ’n aanklag van die onwettige besit van ’n vuurwapen.

Waarnemende regter Vivian Tlhapi het Mthabesitha en Sithole op grond van omstandigheidsgetuienis skuldig bevind.

Tlhapi het bevind die twee het Maritz oorval toe hy in die oprit van sy huis gery het. Daarna is Maritz op die stoep van sy huis doodgeskiet en sy gestremde dogter is aangerand.

Maritz se buurman het gesien wat aangaan, geskree dat hulle die dogter moet uitlos en drie skote afgevuur. Een van dié skote het Sithole in die been getref.

Hy het oor die vurktandheining geklim, maar sy tekkies het agtergebly. ’n Vuurwapen is ook langs die heining gekry. Daarby is ’n paar handskoene buite Maritz se huis gevind waarop Sithole se DNS gevind is.

Die gestremde dogter se selfoon is in Mthabesitha se besit gevind.

Tlhapi het bevind hulle het ’n gemeenskaplike doel gehad. Sy het Sithole en Mthabesitha vrygespreek op ’n aanklag van huisbraak met die opset om te steel.

Mnr. Louw Maritz het gesê hy is verlig dat Sithole en Mthabesitha skuldig bevind is, want “nou kan ons met ons lewens aangaan”.

Maritz, wie se ander broer, Coen, ook die verrigtinge bygewoon het, het gesê hy hoop hulle word kwaai gestraf.

Die staat het vir ’n lewenslange vonnis gevra, terwyl adv. Bafana Mamba gevra het Mthabesitha moet net tien jaar tronkstraf kry.

“Dié moord was nie die wreedste wat daar al in die howe was nie,” het hy gesê, waarop Tlhapi hom gevra het hoe ’n mens dit kan regverdig dat dié moord nie wreed was nie. Mamba het aangevoer Mthabesitha het nie die sneller getrek nie.

Staatsadv. Alicia Lewis het daarop gesê Mthabesitha het die besluit geneem om dié aand by Maritz se huis te wees en dat hy geweet het sy medebeskuldigde was in besit van ’n vuurwapen.

Mev. Yvette Maritz het ter strafverswaring getuig Maritz was die man saam met wie sy wou oud word.

Die twee skuldiges hoor volgende maand hul vonnis.

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2415094,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: