Farm Murders


Bylaanval: Dapper kind sê dankie aan redder
October 14, 2008, 8:56 am
Filed under: Uncategorized

Charmaine Pienaar (18) by die huis saam met haar held, mnr. Sarel de Koker, en mnr. Wayne Broodryk, albei Netcare 911-paramedici. Foto: Sonja van Buul

Oct 13 2008 08:57:51:067PM – (SA)

Sonja van Buul

Vereeniging. – “Oom, ek onthou hoe my ma gelyk het en dit is ’n aaklige prentjie in my kop.”

So het Charmaine Pienaar (18) aan mnr. Sarel de Koker, ’n Netcare 911- paramedikus, gesê waar sy gister ná haar ontslag uit die hospitaal in haar slaapkamer tuis gelê het.

Sy het etlike ure lank hulpeloos by die gesin se skroothandel-onderneming in Waldrift langs die lyk van haar vermoorde ma, Heila (41), gelê voordat haar pa, Danie (42), en haar broer, Frikkie (21), op hulle afgekom het.

’n Rower het haar en haar ma op 1 Oktober met vermoedelik ’n byl aangeval.

Die dokter het gevrees dat sy nie weer sal loop nie, maar sy kan, ná ’n 11 uur lange operasie, reeds haar linkerbeen optel en het sodanig verbeter dat sy gister uit die hospitaal ontslaan is.

“Ek het gevoel in albei bene en met fisioterapie hoop ek om binnekort albei my bene te gebruik en te loop,” het sy gister opgewonde vertel.

Charmaine het tydens die aanval skedelbreuk opgedoen, haar wangbene is versplinter en haar kakebeen gebreek.

“In die hospitaal het ek heeltyd gevra wanneer ek die man wat my lewe gered het dan kan ontmoet,” het sy gesê.

Gister het De Koker en mnr. Wayne Broodryk, ’n operasionele bestuurder van Netcare 911, Charmaine besoek met die nuus dat hulle vandag met ’n geldinsameling vir haar mediese koste begin.

“Charmaine se geval het my aangegryp omdat sy so lank hulpeloos langs haar vermoorde ma gelê en dapper teen die dood geveg het,” het De Koker gesê.

De Koker, wat eerste op die moordtoneel opgedaag het, is volgens Charmaine baie spesiaal. “Hy het my lewe gered. As dit nie vir hom was nie, was ek nou dood. Sy stem en woorde het my laat deurdruk tot by die hospitaal.”

Volgens Charmaine het haar ma nie haar dood verdien nie.

“My ma was die fynste mens op aarde en het ’n sagte dood verdien.”

Vir die meisie se pa is sy oudste dogter se herstel ’n wonderwerk en het sy wens waar geword.

“Ek wil net al drie my kinders veilig by die huis hê, hulle ma se nagedagtenis eer en op haar opvoeding voortbou.”

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2409263,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: