Farm Murders


Geskiet, maar hy blý in SA
September 17, 2008, 8:53 am
Filed under: Uncategorized

Mnr. John de Jager van Cullinan, oos van Pretoria, is eergisteraand drie keer in die been geskiet. Foto: Herman Verwey

Sep 16 2008 08:35:29:050PM – (SA)

Virginia Keppler

‘Sê vir die minister van veiligheid en sekuriteit ek sal nie Australië toe gaan nie, want Suid-Afrika is my huis.”

So sê ’n suurlemoenboer van Cullinan, oos van Pretoria, wat eergisteraand om 22:30 tydens ’n huisrooftog drie keer raakgeskiet is.

Mnr. John de Jager (37) is drie keer in sy regterbeen geskiet toe hy sy vrou, Petronella (37), te hulp gesnel het nadat drie gewapende rowers haar by hul wasgoeddraad oorval het.

Sy het wasgoed gaan afhaal toe sy skielik begin gil. Hy het dadelik uitgehardloop, het De Jager gister uit sy bed in die Montana-hospitaal gesê. “Ek het ’n man naby haar gesien staan. Hy het niks gesê nie en my sonder enige waarskuwing geskiet. Toe die eerste koeël my tref, het ek op die man afgestorm en toe skiet hy my nog twee keer in dieselfde been.”

Die rowers het hom buite laat lê en sy vrou die huis ingevat.

“Hulle het haar na ons kamer geneem om die kluis vir hulle oop te sluit en toe steel hulle twee vuurwapens en geld uit die kluis.”

Die rowers het ook die paartjie se selfone, mev. De Jager se trouringe en juwele gesteel. Daarna het hulle haar hande met haar man se skoenveters agter haar rug vasgebind.

“Hulle het my hande en voete ook met my skoenveters vasgebind en toe sit hulle op my. Toe ek vir hulle sê ek het mediese hulp nodig, het hulle my gevloek.

“Voordat hulle gevlug het, het hulle ’n kombers oor my kop gegooi.”

Sy vrou kon haar loswikkel en het hom ook losgesny.

“Ek kon nie beweeg nie en het net bly lê.”

Hul seun, Günter (7), het gelukkig deur die hele drama geslaap.

De Jager het meer as ’n week gelede twee kabeldiewe op sy eiendom gevang en aan die polisie oorhandig. Hy reken dit hou dalk verband met die aanval.

Mnr. Charles Nqakula, minister van veiligheid en sekuriteit, het in 2006 gesê mense wat dreig om die land weens die hoë misdaadsyfer te verlaat, moet ophou kla of padgee.

De Jager sê hy gaan nie die land verlaat nie. “Die minister moet eerder afgedank word.

“Sê vir hom (die minister) ek is nie ’n klakous nie en ek sal nooit die land verlaat nie, want waarheen sal ek dan gaan? Ek wil net hê hulle moet die galg terugbring.

“My vuurwapens is nou daar buite en dit gaan in ander gewapende rooftogte gebruik word.”

De Jager het gevra Nqakula moet beter toerusting beskikbaar maak om misdaad te bekamp.

Kapt. Sello Ngobeni, waarnemende bevelvoerder by die Cullinan-polisiekantoor, het gesê hulle ondersoek die voorval.

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2394519,00.html


1 Comment so far
Leave a comment

Why don’t you rather post in English, not that English is better but your valuable website in exposing black hate crimes against whites will receive much better exposure.You are preaching to the converted at the moment.

Comment by Anonymous




Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: