Farm Murders


Ma, seun in mesaanval
August 30, 2008, 9:01 am
Filed under: Uncategorized

Corne Bouwer is vyf keer in die gesig gesteek. Hy en sy ma was die slagoffers van ‘n sinnelose aanval in hul huis in Alberton-Noord.

Lize-Mare Maritz

‘n Ma en seun is verlede Donderdag grusaam met ‘n mes aangerand in hul Alberton-Noord-huis.

Charmaine Bouwer (43) en haar seun, Corne (16) is die aand omstreeks 20:30 duer ‘n rower oorval toe Charmaine ‘n klop aan die deur gehoor en oopgemaak het, omdat sy gedink het die bure se seun wou rekenaarspeletjies kom speel.

Die rower het Charmaine oorrompel en met die mes begin steek. Charmaine, wat tydens die voorval nege keer met die mes gesteek is het beserings op haar lip, kop, nek, rug en arm. Die rower het ook die senings in haar ring- en middelvinger afgesny.

Volgens Lizette Noris, Charmaine se suster, het Corne sy ma se gille in die gang gehoor en gaan ondersoek instel, toe hy hom in die rower wat hy as lank en maer beskryf, vasloop.

Corne het teen die rower geveg en is in die proses vyf keer in sy gesig gesteek. Volgens Lizette het hy ‘n winkelhaak-sny aan die bokant van sy kop, asook oop snye onder sy kakebeen.

“Corne het die paniekknoppie gedruk, waarna die rower met ‘n selfoon gevlug het”, se Lizette.

Charmaine en Corne is direk na die voorval met ‘n ambulans na die Mulbarton Hospitaal geneem.

Die SAPD Alberton het die toneel besoek, maar kon weens Charmaine en Corne se fisiese en emosionele toestande nie ‘n verklaring neem nie.
‘n Verklaring sal binne die volgende week aan die polisie oorhandig word.

Charmaine is Saterdag uit die hospitaal ontslaan.

“Ek is net bly dat die Here ons ‘n tweede kans gegee het”, het Charmaine Maandag aan die REKORD gese.

Volgens Charmaine is hul emosioneel nog nie genees nie, veral nie na hul die eerste keer terug is huis toe nie, maar glo met tyd sal dit weer regkom.

Oorsprong:Alberton Record


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: