Farm Murders


Só gaan dit nou met slagoffers
April 12, 2010, 9:47 pm
Filed under: Uncategorized

2010-04-12 01:52

Karen Ebersohn

“Ek kan die lyding van die laaste paar weke nie in woorde beskryf nie. Benewens die vernedering van die aanval is die pyn ondraaglik.”

Só het ’n emosionele mev. Hester Thomas (79) gister gesê. Sy is meer as twee weke gelede in haar huis in Gardeniapark in Bloemfontein aangeval.

’n Man het haar by haar huis oorval en aangeval toe sy buite op die DBV gewag het.

Sy is pimpel en pers geslaan, gewurg, getrap en bokant haar linkeroog met ’n mes gesteek en was vyf dae lank in die Pelonomi-hospitaal.

Thomas sê haar steke is Donderdag gedeeltelik uitgehaal.

“Dit was verskriklik seer. My kop pyn aanhoudend. En ek het nog glad nie vir myself in die spieël gekyk nie.”

Sy sê sy lewe nie in vrees nie, maar is nog onseker oor wat sy in die toekoms gaan doen.

“Ek moet seker my huis verkoop. Maar ek wil glad nie. Vir nou wil ek eers gesond word. Die dokter sê ook ek moet nou net rus. En dan sal ek aan die toekoms dink.”

Nog ’n familie wat deur erge lyding gaan ná ’n aanval is die Van Vuuren-gesin van Jagersfontein. Hulle is sowat drie weke gelede wreed by hul huis aangeval.

Volksblad het vroeër berig oor vyf geliefdes van mnr. Johan van Vuuren wat onmenslik wreed by sy ouerhuis aangeval is.
Sy ouers, Boet (80) en Francina (77), broers Marius (44) en Marthinus (35), en broerskind Juan (13) is deur ses mans met grawe en messe oorval.

Die aanvallers het geen genade gehad nie en het die huis vol bloed agtergelaat. Selfs Boet en Marius is erg aangerand, al is albei in rolstoele.

Johan sê sy ma is steeds in die intensiewe-sorgeenheid van die Pelonomi-hospitaal.

“Sy sukkel nog met asemhalingsprobleme. Ons weet glad nie wat die toekoms vir haar inhou nie.”

Hy sê Marthinus is ook nog in die Universitas-hospitaal en word vir bloeding op die brein behandel.

“Die familie kry nog baie swaar. Veral omdat ons nie weet wat die toekoms inhou nie.”

Vyf verdagtes is al aangekeer.

- Volksblad

Oorsprong:Volksblad
http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/S%C3%B3-gaan-dit-nou-met-slagoffers-20100412



‘Ons sal ons nie laat doodmaak’
April 12, 2010, 9:16 pm
Filed under: Uncategorized


Mnr. Eugéne Terre’Blanche vee ’n traan weg terwyl hy vertel van ’n grusame moord op ’n ma en dogter in die Vrystaat verlede jaar. Agter hom is foto’s van Boereleiers in sy kantoor in sy huis op Ventersdorp.

2010-04-10 23:00
Herman Jansen

“Ja, ek het nog ’n hele paar goeie gevegsjare oor.”

So het die vermoorde AWB-leier, mnr. Eugène Terre’Blanche, in sy laaste onderhoud net meer as ’n maand gelede aan ’n Belgiese rolprentspan gesê.

Terre’Blanche is verlede Saterdag laatmiddag grusaam vermoor toe hy op sy bed in ’n kamer op sy plaas Witrandjiesfontein naby Ventersdorp aangeval is.

Dié uur lange onderhoud vorm deel van die dokumentêre program The Boer on the Border oor die krisis waarin plaasboere in Suid-Afrika vandag verkeer.

Agter sy lessenaar in sy huis in Ventersdorp, in ’n ligblou hemp en ’n bordjie met die woorde “Hoofleier AWB” voor hom, het Terre’Blanche gekorswel met die span van mnr. Ben Bellefroid, uitvoerende vervaardiger van African DreamworX.

“Hoe oud is u?” is Terre’Blanche (69) reg aan die begin gevra.

“Ek kan nie onthou of ek 16 of 17 is nie,” het hy gespot.

“Nee, ek is 65. Ek het nog ’n hele paar goeie gevegsjare oor.”

Hy is toe gevra waarvoor hy veg.

“Vir die vryheid van my volk. Vir die reg om sy eie land en eie gebied te hê. Alle oorloë van die Bybel se tyd af het gegaan oor grond. Die Tswanas het hulle grond, die Xhosas en die ander. Maar daar is net een ou volkie aan die suidpunt van Afrika wat nie grond het nie. Die Boervolk, die room van Europa, wat bereid was om in die wildernis te gaan bly. Om vry te wees, om hul God te kan dien.”

Oor plaasaanvalle en -moorde het Terre’Blanche gesê dis klaarpraat met boere as hulle “nie drasties van middele gebruik maak” om hul medeboere te waarsku en te beskerm nie.

“Sover het die polisie omtrent nog geen boer se dood gestuit nie. Hulle kan nie, of wil nie, of is nie bevoeg nie.

“Waar daar probeer is om ’n boer te vermoor en hy oorleef het, was dit bloot omdat iemand toevallig opgedaag het.

“Dan het hulle (die aanvallers) weggehardloop. Want hulle is lafaards, dié goed. Hulle maak jou dood, maar as die eerste lig op daai huis val, vlug hulle.”

Terre’Blanche het breedvoerig vertel van ’n organisasie, die Brandwag, wat die AWB gestig het om plaasaanvalle te probeer fnuik.

“As jy onder ‘A’ op my selfoon kyk, druk jy die knoppie vir ‘aanval’. Dié SMS gaan na 60, 70 boere wat alles los en na jou huis toe jaag.

“Ons het nou die dag in Middelburg die stelsel getoets, maar die boere het nie geweet dis ’n oefening nie.

“Omtrent 47 voertuie het binne vyf minute opgedaag.

“Ons gaan hulle (plaasaanvallers) looi. Ons gaan hulle looi.”

Terre’Blanche is gevra wat hy dink uiteindelik met wit mense in Suid-Afrika gaan gebeur.

“Bo alles is ek ’n gelowige mens. Die God wat my hierheen gebring het, my voorsate, het dit so gewil dat ons volk moet bly voortbestaan. En hier is ons nou?…

“Ons is nie van plan om ons te laat doodmaak nie.

“Jy moet weet ons kom uit vegters uit. Ons het almal militêre opleiding gehad. Die manne van so 30, 40 is gesoute soldate wat op die grense geveg het. Ek was twee maal daar, in Rhodesië en Suidwes-Afrika. In Rhodesië het ons die vyand by die Zambezirivier gaan keer.

“En nou is daai ouens wat ek daar gaan keer het hier, swem hulle in die Vaalrivier!”

Terre’Blanche het gesê die ou boere-spreekwoord lui “’n moë os stoot gou”.

“As die os moeg word, raak hy bedonnerd. Maak die boere maar seer en moeg genoeg. Ons gaan stoot – nie uit haat en nyd omdat ons wit en hulle swart is nie. Maar omdat ons nie doodgemaak en verkrag wil word nie.”

Die AWB-leier is gevra of die Afrikaner die afgelope 20 jaar sy vuur verloor het.

“Jy is reg, die hoë oktaan waarmee hulle geleef, geveg en gewerk het, is weg. Hulle loop nou nie meer op brandstof nie, maar op so ’n bie­tjie afvoerwatertjies.

“Maar hier is ’n nuwe gees. Ek dink die groot uittog van ons jong mense oorsee het die optimale punt bereik. Vir dié wat agterbly is ’n groot versugting dat die regse organisasies moet saamwerk.

“Ek is een van 10 bestuurslede van 29 regse organisasies.

“As ons die eenheid kan kry, word ons ’n magtige masjien.”

Terre’Blanche het gehuil toe hy vertel het van ’n Vrystaatse ma en dogter wat in Maart verlede jaar aangeval en verkrag is.

“Toe hulle klaar is met hul gruweldaad, slaan hulle ’n bottel stukkend. En druk dit van onder af in hul liggame in. Hulle het al twee doodgebloei.

“Julle het nie ’n idee wat gebeur nie. Hulle het nie gekom om kos te haal nie, of geld nie. Man, nie eens vir seks nie. Hulle het gekom om op die wreedste wyse te kom vernietig en te verkrag en dood te maak.”

Aan die einde van die onderhoud dra Terre’Blanche met sy diep baritonstem die gedig “Winternag” (1905) van Eugène Marais voor.

“O koud is die windjie

en skraal

En blink in die dof-lig

en kaal,

so wyd as die Heer se genade,

lê die velde in sterlig en skade?…”

Hy wys die rolprentspan dan rond in sy kantoor. Hy vertel hulle oor die simboliek van die AWB-kenteken, wys hulle ’n Vickers-masjiengeweer (van hout) en noem dat Napoleon, van wie hy ’n portret teen die muur het, een van sy helde is.

Dan vou hy sy arms. “Baie dankie, seuntjie,” sê hy voordat hy by die kantoor uitloop.

- Rapport

Oorsprong:Rapport
http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Ons-sal-ons-nie-laat-doodmaak-20100410



Wys wêreld die waarheid
April 12, 2010, 8:17 pm
Filed under: Uncategorized

deur HKGM, per e-pos

2010-04-10 12:58

Ons vra dat ’n foto van die verminkte lyk van wyle ­Eugène Terre’Blanche gepubliseer word vir die wêreld om te sien. Hy sou nie omgee nie. Wys alles, wys die waarheid, wys die grusaamheid, wys die barbaarsheid waarmee hy vermoor is! Die wêreld moet weet waarmee ons te doen het.



4 val gesin aan en gil: ‘Sterf! Viva, Malema!’
April 12, 2010, 5:47 pm
Filed under: Uncategorized

2010-04-12 00:22

Virginia Keppler

“Sterf wit man! Viva, Malema!”

Só het vier gewapende rowers glo eergister omstreeks 05:00 tydens ’n plaasaanval in Bynespoort, sowat 5km van Mamelodi in die ooste van Pretoria, geskreeu toe hulle ’n gesin aangeval het.

Mnr. Leon Johan Koekemoer (39), ’n kaptein en instrukteur in die Herstigte Kommandokorps, was saam met sy vrou, Annelie (37), en hul drie minderjarige kinders en hul 56-jarige loseerder tuis op hul plaas naby die Cullinand-pad toe die rowers toegeslaan het.

Kmdt. Franz Jooste, uitvoerende direkteur van die kommandokorps wat as ’n art.21-maatskappy geregistreer is, het gesê die rowers het deur ’n venster in die sitkamer ingebreek nadat hulle die diefwering oopgebreek het.

Jooste het gesê toe een van die rowers die egpaar in hul kamer wou oorval, het mev. Koekemoer opgespring en die kamerdeur toegegooi en dit probeer toedruk.

“Die rower het die deur oopgeskop en toe met haar begin stoei. Kapt. Koekemoer het opgespring en na sy byl, wat hy in die kamer hou, gegryp.”

Jooste het gesê kapt. Koekemoer het aanvanklik gesukkel om ’n hou in te kry omdat die aanvaller en sy vrou rof gestoei het. Toe hy ’n kans kry, het hy hard na die aanvaller gekap.

“Dié het toe dadelik uit die kamer gehardloop en deur die sitkamervenster gevlug. Sy makker het intussen na die loseerder se kamer gegaan en daar probeer inkom.

“Toe hy uiteindelik by die deur ingestorm het, het die loseerder twee skote op hom gevuur en hy het in die gang dood neergeval.”

Die ander twee aanvallers het ook gevlug. Jooste het bygevoeg dat hulle die plaasaanvalle op mnr. Julius Malema, die ANC-jeugleier, en sy sing van die woorde “skiet die Boer” blameer.

Jooste het gesê dié aanvallers het hulle vasgeloop omdat hul kommando’s paraat is danksy goeie opleiding wat hulle gekry het. “Ons het baie groot suksesse met die nuwe kommando wat weer op die been is.”

Kapt. Sipho Zulu, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek ’n klag van huisroof en poging tot moord.

“Die polisie is ook besig met ’n geregtelike doodsondersoek na die dood van een van die aanvallers,” het Zulu gesê.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/4-val-gesin-aan-en-gil-Sterf!-Viva-Malema!-20100411



‘Helfte van my is dood’
April 12, 2010, 5:32 pm
Filed under: Uncategorized


Me. Yolandie Pienaar (36) van Kwaggasrand in Pretoria-Wes vertel hoe haar broer, Willie (24), koelbloedig doodgeskiet is. Foto: Alet Pretorius

2010-04-12 00:22

Virginia Keppler

‘n Man van Kwaggasrand in Pretoria-Wes is eergistermiddag deur drie rowers in sy motor oorval, in die kop geskiet en toe uit die voertuig gegooi.

Die moordenaars het daarna mnr. Willie Pienaar (24) se lyk deurgesoek en sy motorsleutel, selfoon en beursie gesteel.

Die voorval het omstreeks 17:00 reg voor die Kwaggasrand-winkelsentrum plaasgevind nadat Pienaar geld by ’n Absa-kitsbank getrek het. Hy is toe by die winkel in om ’n 2liter-koeldrank en broodrolletjies te koop.

Me. Yolandie Pienaar (36), Pienaar se suster, het gister huilend vertel dat haar broer pas in sy motor geklim het, toe “een hom om die nek gegryp en in die kop geskiet het”.

“Ek dink nie eens hy het besef wat aangaan nie. Hy het nie kans gehad om homself te verdedig nie. Hulle het daarna sy lyk uit die voertuig gegooi, hom deurgesoek en beroof.”

Sy het vertel dat die moordenaars moontlik van plan was om in haar broer se voertuig weg te jaag, maar dat lede van die gemeenskap op hulle afgestorm het toe hulle gesien het wat gebeur het.

Mev. Ellen Tefu, ’n inwoner van die Cedar Court-woonstelle, het gesê die verdagtes het in twee verskillende rigtings gehardloop met lede van die gemeenskap agterna.

“Twee verdagtes het in ’n taxi geklim waarna mense vir die taxibestuurder geskreeu het die mans het iemand doodgeskiet.

“Die taxibestuurder het dadelik gestop en die verdagtes uit die taxi gegooi waarna die gemeenskap op hulle toegesak het,” het Tefu gesê.

Volgens haar is die derde verdagte in die park agter die winkelsentrum aangekeer.

Die verdagtes is glo aangerand en een het aan sy wonde beswyk.

Tefu het intussen Pienaar se sleutel opgetel, sy voertuig gesluit en emosionele bystand aan sy ma en suster verleen toe hulle op die moordtoneel aangekom het. Sy het ook later die aand saam met die familie gaan bid.

Mnr. Roelof Otto (59), mnr. Pienaar se oom, het gesê Tefu was uitstekend met sy familie.

“Mense van alle rasse en kleure is almal moeg vir misdaad.”

Me. Pienaar het gesê haar broer was die afgelope twee jaar ’n rekenaar-programmeerder by die departement van justisie. “Voor dit het hy twee jaar in Londen gewoon en gewerk. Hy was op sy gelukkigste daar, want hy het veilig gevoel.

“Die Here het die keer een van sy heel mooiste blomme gepluk.

“Dit is asof die helfte van my dood is, want ek het my ma gehelp om hom groot te maak,” het sy huilend vertel.

Volgens Otto is Pienaar se hand ’n maand gelede in die Pretoriase middestad deur ’n rower met ’n mes stukkend gesny toe dié hom van sy selfoon probeer beroof het.

Insp. Daniël Mavimbela, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. Hy het gesê ’n 30-jarige verdagte is dood en die ander twee verdagtes, 27 en 28 jaar oud, is in ’n ernstige toestand onder polisiebewaking in die hospitaal.

“Die polisie het ook beslag gelê op ’n vuurwapen en ammunisie,” het Mavimbela gesê.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Helfte-van-my-is-dood-20100411



Moet jou nie vir Afrikanerskap skaam nie
April 12, 2010, 5:14 pm
Filed under: Uncategorized

deur Piet Wessels skryf per e-pos

2010-04-11 22:20

Dit is Tyd skryf in sy brief in Beeld hy is skaam om ’n Afrikaner te wees, wat ek wel verstaan siende hy selfs skaam is om onder sy eie naam te skryf.

Ons as Afrikaners is soos ’n groot gesin. In tye soos hierdie staan ’n gesin saam en hardloop nie weg nie.

My Afrikanerskap behoort nie net aan my nie, maar ook aan die liberale en konserwatiewe Afrikaners.

Die AWB-lede eis Afrikanerskap nie net vir hulself op nie, maar werk om dít wat vir ons dierbaar is te behou en te beskerm.

Wees verseker dis dieselfde dapper manne wat ook jou erfporsie vir jou sal help beskerm as jy deel van die familie wil wees.

Hulle gebruik nie hul Afrikanerskap vir hul eie gewin nie, my vriend. Wat doen jy om ons trotse erfporsie te beskerm?

Dis die “slegte” apartheid wat die land die mees ontwikkelde land in Afrika gemaak het. Dit waarvoor jy jou nou skaam, het beskawing en kos vir almal na hierdie Suidland gebring.

Wanneer jou skaamte jou oorval, moet jy dalk in een van die Afrika-state gaan woon waar daar nie apartheid was nie.

Word wakker, vriend. Groot getalle jong Afrikaners is besig om te ontwaak en sal nog help om jou en jou familie se toekoms in hierdie wonderlike vaderland te beskerm.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Moet-jou-nie-vir-Afrikanerskap-skaam-nie-20100411



Berigte, opskrifte skaad Boerevolk se beeld
April 12, 2010, 4:47 pm
Filed under: Uncategorized

deur A. Smith van Limpopo

2010-04-09 22:05

Ek lees en bestudeer die beriggewing in die Afrikaanse koerante en staan verstom.

Weer is die opskrifte en berigte so geformuleer dat die beeld van die Boerevolk ernstig geskaad word.

“ET het dop gekoop”: Hoeveel van die volk koop nie daagliks ’n drankie nie? Wat sou fout wees met: “ET saam met verdagtes in winkel gesien”?

“ET was kaal”: Waarom lieg? Slegs sy broek was afgetrek.

Dit is duidelik dat dieselfde strategie wat Afrikaanse koerante tydens Kodesa, elke verkiesing en soveel keer daarna gebruik het om die Boerevolk te beswadder, nog nooit geëindig het nie.

So is oudpres. FW de Klerk in elke foto voorgehou as ’n held, terwyl hy die land verraai het.

Elke foto van ET is gekies om hom as ’n skreeuende barbaar voor te stel.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Berigte-opskrifte-skaad-Boerevolk-se-beeld-20100409



[Audio] Steve Hofmeyr toespraak by Eugene Terre’blanche begrafnis
April 10, 2010, 9:21 pm
Filed under: Uncategorized

(Steve Hofmeyr’s speech at the funeral of Eugene Terre’blanche)

Kliek hier om die klankgreep af te laai in mp3 formaat (OFM News)
Click here to download the audio clip in mp3 format (OFM News)

Deur Steve Hofmeyr

Talle tonge het ek
een tong op ‘n gegewe oomblik
‘n heuning tong
‘n bitter tong
‘n Tong stomp
Genoeg om te swyg.
My skerp tong klap
Klap soos ‘n sweep
En keep diep en laat bloei
My suur tong brand
Brand soos asyn
en laat krimp in mekaar en skend
Talle tonge het ek
een tong op ‘n gegewe oomblik
‘n tong om te sny
‘n tong om te salf
Ek het talle tonge

Ek het geen mandaat hier nie. Ek skaar my as dienaar by die leiers hier voor my. Wit, bruin en swart. Want u beker, soos myne, loop oor. Waaroor wil u praat vandag? Wraak? Oorlog? Moraliteit? God se wil? Staatkunde? Die internasionale media, wat soos bloedhonde hier buite staan en wag vir ’n elektroniese greep om die wêreld in te stuur waarin ons as onbeskaafd uitgebeeld sal word?

Of sal ons praat van die Laaste Boer. Vader, oupa, eggenote, trotse kultuur ikoon en vir baie hier, ‘n politiese leier. Sal ons praat van Eugene die god, die demigod of Eugene die man, Martie? Hoe vlak die trane in sy blou oë gelê het. Hoe uiters beleef hy was in enige ordentlike geselskap. Hoe sag daardie bulderstem kon word as hy voorlees:

“Ek wou my woorde neerskryf, nie om digter te wees, maar om my kort verblyf op die lewensvlakte te herleef.” (Tolbos – E. N. Tereblanche)

Eugene Terre Blanche se roeping was om die boeresiel te verwoord, om die onafhanklikheidsideaal te bepleit, om die swaar skatkis van Voortrekker erfenis oor te dra aan my generasie sodat ek dit sal wil oordra aan generasies na my. Dis my belofte aan jou Eugene Terre Blanche.

Hy sou lank voor vandag sterf vir die handhawing, die behoud en die welsyn van sy mense sonder om ander nasies te beledig. I remember during a speech of his how the respect with which he described Dingaan filled me with fear anew for that warrior. I also remember paging through the Afrikaner Liberation and Struggle songs, the FAK, and found not a single song in there insulting or contemptuous of any other nation.

Eugene Terre Blanche het gepraat van grond en van bloed soos die ander vandag oor geld en bloedvergieting praat.

Maar hy het my ook geleer om nooit weer ander nasies en volke te vra HOE om te reageer as MY mense geteiken en uitgeroei word vir iets so barbaars gering as ‘n selfoon of die kleur van my vel nie.

No nation’s tolerance is unconditional. Ons humeur, ons pyn en ons geduld word vandag op die proef gestel, want vandag as jy huiswaarts keer, sal jy verby iemand loop wat lag oor die dood van ’n man wie se vaderlands liefde en trou in sy God nog nooit onder verdenking was nie. That is a disparity we have to live with, not an insult to respond to. It’s tough out there. It’s not for sissies. U sal getoets word vandag.

In Levitikus 24 staan daar “soos hy gedoen het, net so moet ook aan hom gedoen word: breuk vir breuk, oog vir oog, tand vir tand.“ – maar ek waarsku u, daar staan niks van ’n tand vir ’n oog nie. Daar staan niks van ’n koeël vir ‘n lied nie. Ons skiet nie mense omdat hulle sing nie en die oortreders van hierdie walglike moord is reeds in hegtenis geneem. Die oë van die wereld is vandag op ons Afrikaners. As ons juis hier met stil waardigheid uitgaan, sal ons daardie kykende oog iets anders wys as wat hulle gekom het om te sien.

On his day Eugene Terre Blanche faced the same justice and punishment. He served his time and walked out a new man. He would have begged for relief, for less blood, fewer victims and a little peace at the end of everybody’s day.

Sy woorde sou voortbou op ’n Paul Kruger wat alles in die stryd sou werp vir die selfbeskikking van ’n nasie en weer, soos gewoonlik, teen ’n opponent veel groter as hy self. Eugene se woorde was ter ere van almal, maar sy lof behoort aan ’n klein Christelike stam in Afrika wat meer van sy eie mense aan sy eiendom afgestaan het as enige ander Suid-Afrikaanse volk in die laaste 150 jaar. You must understand that if you want to understand the Boer! And when this loss repeats itself in the new democratic SA, it is not enough to ask of us to remain patient for the sake of transformation and a soccer tournament. When you understand the provocation of the hatespeech of Julius Malema, you will understand why I can not enter a soccer stadium named after Peter “Kill the Boer” Mokgaba.

Sal ons vandag gedwee huis toe gaan en Gods water oor Gods akker laat loop. Nee. Want hierdie bloedland kan nie Gods akker wees nie. Silent diplomacy is complicity and our government’s paralysis here will yet afford us many sad days like this. Our mortality rate is genocide and it is suffered by living, every South African who has ever begged for the safety of her sons and daughters.

Ek bid dat u die vrede uitstraal wat u verdien. Ek bid vir ‘n Christelike nugterheid. Ons bydraes is beskawings, nie sterftesyfers nie. ‘n Beskawing word helaas gemeet aan sy sterftesyfer. Geen meer provokasie nie! No more provocation! Geen meer aanhitsing nie! No more enticement! Ek is soos u bitter seer, uiters teleurgesteld en briesend kwaad en alhoewel 2010 die jaar is… is vandag nie die dag nie. Laat ons woede uitloop op dade van wedersydse erkenning van pyn en verlies – dit is wat ons meer maak as wat ons is. Eers dan het Eugene Terre Blanche op Saterdag 3 April, nie verniet gesterf nie.

Ek dank u.

Deur Steve Hofmeyr

Oorsprong:Steve Hofmeyr webwerf
http://www.stevehofmeyr.co.za/website/index.php/steve-se/207-steve-hofmeyr-toespraak-op-begrafnis-van-eugene-ney-terre-blanche-31-januarie-1944-3-april-2010
MP3 (OFM News – http://www.ofm.co.za): http://www.ofm.co.za/images/ofmnews/09042010150447STEVE%20HOFMEYER%20SPEAKS.mp3



[Fotos] Eugene Terreblanche se begrafnis / [Photos] Eugene Terreblanche’s funeral
April 10, 2010, 2:26 pm
Filed under: Uncategorized


(AP, Schalk van Zuydam)


Supporters hold crosses outside the church. The writing on the cross reads ” Stop farm murders “. (AP, Schalk van Zuydam)


(AFP, Alexander Joe)


(AP, Photo Schalk van Zuydam)


AWB supporters wearing t-shirts showing leader Eugene Terre’Blanche while waiting outside the church where his funeral will take place on in Ventersdorp. (AFP, Alexander JOE)


Supporters hold a banner reading “Juilius Malema is an uneducated arrogant little piece of pig-shit” as they wait outside the church. The AWB has blamed the killing of Terre’Blanche on the singing of an anti-apartheid song, which calls for the killing of Boers (Afrikaners), and thrown the spotlight on South Africa’s lingering deep race tensions. The song which has been sung in public by the militant leader of the ANC’s youth league, Julius Malema. (AFP, Alexander Joe)


Supporters of AWB leader Eugene Terreblanche, carry his coffin outside the church in Ventersdor. (AP, Schalk van Zuydam)


(AP, Schalk van Zuydam)


Supporters of AWB leader Eugene Terreblanche, watch the hearse containing the coffin of Terreblanche arrive at the church in Ventersdorp. (AP, Schalk van Zuydam)


A girl reads a booklet on Eugene Terre’Blanche during his funeral in Ventersdorp. Thousands of supporters of the former AWB leader packed into a local church for his funeral. (Alexander Joe, AFP)


AWB member cries during the funeral. (AFP, Alexander Joe)


(AFP, Alexander Joe)


AWB member holds a picture of AWB leader Eugene Terre’Blanche and an old South African flag tied to a cross during the funeral. (AFP, Alexander Joe)


Supporters of AWB leader Eugene Terreblanche, sit outside the church in Ventersdorp during the service. (AP, Schalk van Zuydam)


(AFP, Alexander Joe)


AWB members stand outside the church during the funeral of their leader Eugene Terre’Blanche took place in Ventersdorp. (AFP, Alexander Joe)


A photo of murdered AWB leader Eugene Terre’Blanche, seated on one of his beloved horses, is seen inside the Ventersdorp church where his funeral will be held. (Schalk van Zuydam, AP)


The brother of Eugene Terre’Blanche puts the AWB flag on his coffin during his funeral. 1,000 sombre supporters packed a local church for his funeral. (AFP, Alexander Joe)


(AFP, Alexander Joe)


The AWB leaders’ coffin is carried out of the church after the service. (AFP, Alexander Joe)


The coffin of AWB leader Eugene Terre’Blanche is carried into a car after a funeral ceremony at a church in Ventersdorp. (AFP, Alexander Joe)


Martie Terreblanche, the wife off AWB leader Eugene Terreblanche, walks past after the church ceremony. (AP, Schalk van Zuydam)

Source:News24
http://www.news24.com/Galleries/Image/Images/South%20Africa/Terreblanche%20funeral



Eugene Terre’Blanche: ‘n moord te veel
April 10, 2010, 12:54 pm
Filed under: Uncategorized

Geskryf deur Dan Roodt
Vrydag, 09 April 2010 07:39

Onderweg na sy begrafnis

Ongekende dinge is besig om in Suid-Afrika te gebeur. Sedert die begin van 2010, van 8 Januarie af toe Beeld eintlik as ‘n grap op sy webwerf gevra het of sy lesers graag in ‘n volkstaat sou bly, is iets onder Afrikaners aan’t broei. Sowat ‘n driekwart van Beeld se aanlynlesers het voorwaardelik of onvoorwaardelik gesê dat hulle in ‘n volkstaat sou wou bly.

Toe word Malema op ons losgelaat, wat een opruiende uitspraak na die ander maak. Dit gaan oor daardie twee biologiese elmente: grond en ras. Malema sing “Die lafaards gaan hardloop” en “Skiet die Boere”. Oulike en onskuldige – so word ons verseker – vryheidsliedjies. Op besoek aan Zimbabwe werf die einste Julius ZANU-PF se steun vir plaasbesettings en “revolusie” in Suid-Afrika. By ‘n myn 160 kilometer van Harare af, kondig Malema so ewe aan dat hulle van einde 2010 af gaan begin om plase by blanke boere te vat.

En toe kom die moord op Oom Eugene, soos sy volgelinge hom noem. Hy was al 69 en taamlik afgekoel van die dae toe Jani Allen, sy beweerde minnares, in die Sunday Times geskryf het: “Right now I’ve got to remind myself to breathe … I’m impaled on the blue flames of his blowtorch eyes.”

Persoonlik het ek hom nie geken nie. Ek het hom half gegroet by die sogenaamde “volksaamtrek” verlede jaar by die Vegkopterrein, ‘n teleurstellende byeenkoms vol emosie en oproepe tot God, maar weinig wol.

In lewe was ET die gunstelingstereotipe van die buitelandse pers wat veronderstel was om die onredelike, militaristiese, fascistiese Afrikaner uit te beeld. Sy dood, ‘n tipiese plaasmoord wat ook – wie weet? – ‘n politieke sluipmoord kan wees, het egter van hom ‘n martelaar gemaak.

Hoewel ek en baie ander uit ‘n heel verskillende stedelike, selfs kosmopolitiese milieu kom, laat sy moord ons met die gevoel van: “Dis ‘n moord te veel!” En: van nou af is dit, soos Alexandre Dumas se drie musketiers gesê het: “Een vir almal en almal vir een.”

Vandag gaan ek en waarskynlik duisende ander Afrikaners by Eugene se begrafnis wees, verenig in ons medelye, woede, maar ook: vrees. Want die spel wat die ANC en sy jeugleier tans speel en dreigemente van grondroof, ‘n “Zimbabwe” en grootskaalse geweld wat die bevrydingsbeweging tans maak, laat jou nekhare orent staan. Ons is stelselmatig ontmagtig deur die afskaffing van die kommando’s en die nuwe wapenwet terwyl die ANC tans in beheer van al die ou Suid-Afrika se wapens is, plus die tonne wapens van Operasie Vula van die vroeë negentigerjare wat nog nooit gevind is nie.

Indien die ANC met die samewerking van ZANU-PF ‘n volksmoord teen ons beplan, het hy sy huiswerk baie, baie goed gedoen. Want ons is nou goed in Dingaan se kraal ingelei. Lammers ter slagting. Die naïewe, goedgelowige, godvresende Afrikaner het weereens sy wapens buite die kraal gelaat. De Klerk wou maar net sy lekkertjie van die Swede, sy Nobelprysie gehad het. En daarvoor het hy ons roekeloos aan die genade van Afrika oorgelaat.

Eugene se gesig is met ‘n panga vermink asof hy ‘n blote Afrikaanse naambord langs die pad was wat nou met ‘n ander naam vervang gaan word. Sy broek is uitgetrek, om een of ander duistere rede.

Sy verontmensliking het ‘n simbool van die Afrikaner se verontmensliking onder hierdie bose, gewelddadige en rassistiese bestel geword. Hy was al 69, bejaard, godsdienstig en eintlik skadeloos. Juis daarom het hy ‘n teiken geword, soos soveel ander.

Wat nou vir hierdie land voorlê, nogal op die vooraand van die Wêreldsokkerbeker, kan niemand voorspel nie. Regoor die land is groepe boere en selfs stedelinge besig om voor te berei vir die volgende toneel in die drama wat heel moontlik ook in bloed geskryf gaan word.

Vandat ek klein was en selfs tydens Verwoerd se begrafnis, het ek nog nie die Afrikaner so verenig, vasberade en aan mekaar gebind deur taal, bloed en geskiedenis gesien soos nou nie. Ons is weer die klein wit stam, nakend op die vlakte, wat die naderende horde moordlustiges moet afwag.

Eugene se dood was die druppel wat die emmer laat oorloop het. Dit het baie onverwags gekom, hoewel ek al ‘n hele paar jaar voorspel dat dit op so iets sou uitloop. Leierskap is nou nodig om Suid-Afrika voor die afgrond van etniese en rassekonflik weg te ruk en ons op ‘n ander baan te plaas. Ongelukkig is daar in Zimbabwe meer leierskap as in die ANC. Mev. Zille se Engelse sarkasme gaan ook nie help as die outomatiese wapens in die hande van dansende vyftienjariges soos in Liberië of op die SABC-nuus op Ventersdorp begin knetter nie.
Dus gaan Malema en sy aspirant-volksmoordenaars die gang van die gebeure dikteer en sal die Afrikaner nou noodwendig móét opstaan om ‘n tragedie te verhoed.

Oorsprong:Praag
http://praag.co.za/dan-roodt-magazine-178/7746-eugene-terreblanche-n-moord-te-veel.html



Hoe ons almal kan help teen plaasaanvalle
April 10, 2010, 11:43 am
Filed under: Uncategorized


Deur Anton Barnard van SAmizdat Blog

04.08 2010

Ek het op ‘n stadium in die VSA gewerk. Een ding wat my opgeval het in voorstedelike Amerika, was die bykans totale gebrek aan sekerheid wat mens daar aangetref het. As ‘n Suid-Afrikaner was ek gewoond aan lemmetjiesdraad en elektriese heinings om ons huise. In die VSA vind mens dikwels dat huise geen heining om het nie, en dikwels ook geen diefwering nie. Dit is onbekend hoe die buurmanne besluit wie se gras hou waar op wanneer hulle dit moet sny, siende dat daar nie heinings is nie. Dit moet wonderlik wees om in ‘n lelieblanke gebied te bly en nie daagliks vir jou lewe te vrees nie.

Hierdie is egter Afrika, en ‘n relatief-misdaadvrye omgewing word deur die gewelddadige aard van sommige van hierdie kontinent se inwoners uitgeskakel. uit bittere ervaring is die meeste van ons paranoïes oor ons veiligheid. Ons het alarms, agtvoetheinings, troppe aggressiewe honde en ‘n gewapende reaksiemag. Dis nie om dowe neute dat ons so paranoïes is nie. Jou kans om agv misdaad te sterf in Suid-Afrika is waarskynlik tussen tien en vyftig maal hoër as daardie voorstedelike Amerikaners (in die VSA se binnestede is dit weliswaar ‘n ander saak.)

Jou risiko as ‘n sagte teiken word vertiendubbel as jy geïsoleerd is. In ‘n stedelike omgewing is jou bure naby, maar veral op die platteland gaan niemand jou noodkreet kan hoor as iemand jou aanval nie. Dit is waarskynlik juis die isolasie wat die opdrifsels wat plaasmoorde pleeg, toelaat om hul slagoffers vir ure lank te martel. Ek sou die eerste wees om te erken dat ek geensins ‘n kundige op die gebied van beveiliging is nie, maar is dit nie logies dat, gegewe hoe paranoïes stadsbewoners is oor ons veiligheid, landelike bewoners des te meer paranoïes moet wees nie?

Hierdie skrywe van my is genoop deur die foto’s van Eugene Terre’Blanche se plaasopstal wat gepubliseer is ná sy gru-moord.

Van die foto’s af wil dit voorkom asof daar nie juis veel in die lyn van beveiliging by sy opstal was nie. Dit lyk vir my of die vensters nie eens enige diefwering voor hulle het nie, wat sekerlik die mees basiese vorm van beveiliging is vir ‘n woonplek. As mens op die onderstaande foto kyk, lyk dit of enige iemand bloot by die oop venster kon inklim. Ek spekuleer nou, maar die eenvoud van die huis binne maak my vermoed daar is geen alarmstelsel nie.

Dit is natuurlik maklik om mens slim te hou ná so ‘n gruweldaad, maar dit lyk vir my, ten minste op die oog af, en ek kan verkeerd wees, of daar bitter min aandag geskenk is aan beveiliging op die moordtoneel. Niemand weet tans nie, behalwe die beskuldigdes, maar dit lyk of mnr Terre’Blanche letterlik in sy slaap oorval is. Dis ‘n groot ironie, want mnr Terre’Blanche, van alle mense, sou sekerlik baie sterk bewus gewees het van die onaanvaarbare misdaadsituasie in die land. Sonder om nou die blaam op die slagoffers te plaas, en om weg te neem van die onaanvaarbare barbaarsheid van baie Afrikane, moet ek tog wonder of ‘n lakse houding teenoor veiligheid nie bydra tot baie plaasmoorde nie?

Dit is immers een ding om vermoor te word nádat die booswigte groot moeite moes doen om by jou lemmetjiesdraad, honde, alarmstelsel, diefwering, bewegingssensors ensovoorts verby te kom, teenoor iemand wat nie redelike stappe neem om homself te beveilig nie. Ek kan eweneens verstaan dat daar heelwat armoede onder blankes, veral in landelike gebiede voorkom, en dat dit vir sommiges moeilik is om ordentlike beveiliging te kan bekostig.

Bostaande bring my by die punt hiervan. Soos ek gesê het, is ek geen veiligheidskenner nie, maar hoort elke geïsoleerde huis nie minstens ‘n bewegingsensor, ‘n paniekknoppie en ‘n alarmradio te hê, wat hulp kan ontbied nie? Ek is onder geen illusie dat sulke maatreëls alle plaasmoorde sal verhoed nie, maar dit moet so moeilik as moontlik vir die skuim wat dit pleeg gemaak te word om hulle gruweldade uit te voer. ‘n Stelsel wat hulp ontbied, sou ook die tyd wat die aanvallers het, beduidend verkort, en hopelik bydra om die martelings te verminder.

Goed, baie landelike blankes het verarm en kan dit waarskynlik nie bekostig nie, maar ek hoor mense dikwels sê dat “iets” aan plaasmoorde gedoen moet word, sonder om mooi te weet wat of om spesifieke gedagtes te hê daaroor nie. Sou dit nie baie sin maak om te kyk na ‘n inisiatief en ‘n fonds wat deur iemand soos Solidariteit bedryf word nie, wat ten doel het om goeie veiligheidsmaatreëls by ‘n iedere en ‘n elke blanke opstal aan te bring nie? Diegene wat dan wel voel hulle wil iets aan plaasmoorde doen, kan dan geld skenk aan dié fonds (dit kan miskien die Eugene Terre’Blanche Gedenkfonds heet), wat sal kan betaal vir die elektroniese toerusting vir behoeftige landelike bewoners.

Sodoende kan ons, veral diegene in die stede, help om ons medeblankes op die platteland effens rustiger te laat slaap, en kan ons iets daadwerkliks aan plaasaanvalle doen.

Oorsprong:SAmizdat Blog
http://antonbarnard.praag.co.za/
http://antonbarnard.praag.co.za/?p=1626



Bly aan die regte kant
April 10, 2010, 11:36 am
Filed under: Uncategorized

Deur Radio Pretoria

NUUSKOMMENTAAR – 9 April 2010

Al hoe meer voorvalle vind plaas waardeur die politieke klimaat in die land opgejaag word. Dit wil voorkom of die blanke uitgetart en geprovokeer word tot die uiterste toe. Dit is nie net die moorde op ons boere, ons volksgenote, ons leiers nie, maar die openlike uittarting, en die aanhitsing teen ons wat waarskynlik op die lange duur nog meer gevolge gaan inhou.

Intussen is dit duidelik dat die blanke oor die algemeen tans baie beheers optree, alhoewel hy in werklikheid kokend van woede is.

Die ANC-regering het waarskynlik gehoop vir voorvalle van opstand of vergelding, wat dan vir hulle die geleentheid sou kon gee om weer eens met kragdadigheid toe te slaan om ‘n beweerde blanke opstand teen die staat plat te slaan, en ons weer eens in die beskuldigdebank sou kon plaas.

Daardie voorvalle het nie plaasgevind nie, en ons merk ‘n frustrasie onder ANC-geledere dat die Afrikaners en die blankes in die algemeen, steeds die sogenaamde hoëgrond beset. Vandaar die een provokerende optrede na die ander: om ‘n AWB-man in ‘n TV-debat die lewe sodanig te versuur dat hy moet uitstap, of Malema wat ‘n blanke joernalis wegjaag en hom as ‘n “basterd” beskryf.

Intussen woel dit in polisiegeledere. Daar is selfs al uit polisiegeledere die bewering gemaak dat blankes self vir die moord op mnr. Eugene Terre’Blanche verantwoordelike was, om ‘n situasie te laat ontstaan wat die Wêreldbeker-sokkertoernooi kan laat ontspoor. Enkele van die laaste oorblywende goedgesindes in die polisie het ook al gewaarsku dat daar weer klopjagte beplan word op blanke en sogenaamd regse leiers, en dat selfs goed geplant kan word om ‘n rede te hê om hulle te kan arresteer.

Die feit van die saak is dat dit die laaste tyd duidelik geword het dat die Boerevolk weer besig is om op te staan, en dat daar onder die Afrikanergemeenskap ‘n al groter wordende gees van verset besig is om pos te vat. Dit word bewys deur herhaalde meningsopnames waaruit dit blyk dat die Afrikaners genoeg gehad het van die bestel en die eenheidstaat en aan alternatiewe begin dink. Daardie gees van verset moet vernietig word, want die ANC weet ook dat die Boerevolk, die Afrikanersakeman, die gans is wat die goue eiers lê en wat sy ekonomie aan die gang hou. Daarom moet daar eenvoudig ‘n stok gevind word om hom mee te slaan.

Ons moet egter sorg dat ons geen stok in sy hand kan plaas nie. Ons moet wel die bestaande situasie gebruik om deeglik te beplan en nuut te dink oor hoe ons kan oorleef op die kort termyn, maar hoe ons kan vry word op die langer termyn. Ons moet sorg dat daar geen vinger na ons gewys kan word in terme van bestaande wetgewing nie. Daarom moet volksgenote seker maak dat hulle nie, dalk selfs net per ongeluk, in besit is van enige onwettige materiaal nie. Gaan u kluis deur, en maak seker dat daar nie dalk ‘n verdwaalde patroon is van ‘n wapen wat u lank terug al verkoop het nie. Sorg dat u nie eens een of ander grappie op u rekenaar het, wat later gebruik sou kon word as dat u dalk opruiende materiaal in u besit het nie.

As die polisie dalk met hulle hordes wil kom om huissoeking te doen, sorg dat u prokureur of advokaat se nommer byderhand is, en laat weet hulle dadelik, nog voordat die deur vir die polisie oopgemaak word. Maak seker dat die wat daar is, wel polisielede is. Vra om die deursoekingslasbrief deur die venster te sien, sonder om deure oop te maak. Maak seker die polisieman se aanstellingsertifikaat is geldig. En beweeg saam met die deursoekingspan, indien moontlik met nog ‘n getuie, sodat hulle nie goed kan plant en u later daarvoor vervolg word nie.

Tot dusver kon ons mense nog nie op die groot goed gevang word nie, moet nie nou onnodig op risiko geplaas word deur klein foutjies nie, maar laat ons meer as ooit onsself wetlik korrek beveilig, en inmiddels net so wetlik korrek werk en bou aan ons republikeinse onafhanklikheid, wat nou dringend word.

Oorsprong:Radio Pretoria
http://www.radiopretoria.co.za/Nuuskommentaar.php



Judge ponders fate of ‘white refugee’
April 10, 2010, 11:27 am
Filed under: Uncategorized

Staff Reporter
April 09 2010 at 07:42AM

Judgment is at hand for Brandon Huntley, the “white South African refugee” who claimed he had been called “a white dog” and “a settler” and stabbed seven times by black South Africans and should therefore be granted asylum in Canada.

The Canadian government this week appealed against Huntley being granted asylum and Judge Francois Lemieux said he would review the arguments. He did not set a date for his findings.

Huntley was granted refugee status in Canada last August. The ruling caused an uproar in South Africa, with human rights groups slamming the decision and the ANC calling it racist.

The court heard that 113 000 news articles had been written worldwide about the case.

At the appeal hearing, Huntley’s lawyer Rocco Galati argued that the South African government had interfered with Canada’s judicial system by pressing immigration minister Jason Kenney, according to the Toronto Sun’s website.

But lawyers for Kenney maintained the judgment that gave Huntley asylum, on the basis of the alleged persecution he suffered as a white South African, was so ludicrous it must be overturned.

Galati reportedly said: “This is an abuse of process from outside pressure and it is being done for political purposes. We can’t have this kind of interference cut into our judicial system. Where does my client get a fair hearing? The proceedings have been tainted.

“A foreign government is interfering with our minister of immigration. This court must be seen as independent or it will have no legitimacy. The public needs to be able to see a reasonable perception of independence. This court is being used by the minister for his political ends.”

He then asked the court to request the minutes of any meetings between the immigration ministry and the South African government.

The Toronto Sun reported that the immigration department claimed the case was under review for legitimate reasons.

“We were asked to see if there was a legal basis for a judicial review. We read it (the decision to grant refugee status) and they got it wrong,” said Bernard Kaplan, counsel for the ministry.

This article was originally published on page 6 of Pretoria News on April 09, 2010

Source:IOL
http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=15&art_id=vn20100409041531483C773253



Sy vlag is gestryk
April 10, 2010, 10:27 am
Filed under: Uncategorized


Ondersteuners van mnr. Eugène Terre’Blanche drom gistermiddag om sy kis saam toe dit by die AP kerk in Ventersdorp ingedra word. Foto: Kim Ludbrook, EPA

2010-04-09 22:10

Marida Fitzpatrick

Ventersdorp. – Breëborsmans in kakieklere het openlik gehuil toe die AWB-vlag gister hier oor die kis van mnr. Eugène Terre’Blanche, vermoorde AWB-leier, getrek is.

Tientalle mense het van oor die land heen op die dorp toegesak vir Terre’Blanche se begrafnis en die kerk van hoek tot kant volgepak.

Begrafnisgangers het opgestaan en “Die Stem” gesing toe die kis met ’n wit kruis en ’n ruiker blomme die kerk ingestoot is en langs ’n foto van Terre’Blanche en sy perd Atilla voor in die kerk staangemaak is.

“Lanklaas is ’n volk so geskud,” het ds. Ferdie Devenier, wat die diens gelei het, gesê.

Aan mev. Martie Terre’Blanche en hul dogter, Bea, het Devenier gesê: “Ons harte is saam met u stukkend. Groot getalle mense slaan vandag hul arms om julle.”

Toe het hy gebid: “Ons weet die slegte handlangers van Satan het dit gedoen, maar U het dit toegelaat.” Dis alles deel van “die raadsplan van God”, het Devenier verduidelik.

Oor Terre’Blanche se omstredenheid het hy gesê: “Oom Eugène was geen engel nie, maar God red nie engele nie.”

Mense het dwarsdeur die diens trane afgevee.

As die Afrikanervolk weer die land wil regeer, moet hulle die afgode los, het Devenier gepreek. “Los die Lotto-kaartjie, die drankgod, die wellus en die sportgod.”

Met subtiele verwysing na die wraakplanne waaroor berig is, het hy gemaan: “Ek weet baie mense wil baie dinge doen. Los daardie dinge. Begin by die Here.”

In ’n huldeblyk aan Terre’Blanche het mnr. Andries Breytenbach, voorsitter van die Afrikanerfront, gesê meer as 3 300 boere is sedert 1994 vermoor.

Die sanger Steve Hofmeyr, wat van kop tot toon in swart geklee was, het Terre’Blanche in ’n vurige toespraak as “die laaste Boer, trotse kultuur-ikoon en vir baie ’n politieke leier” beskryf (lees berig op bl.?5).

Op die maat van die lied “Genade onbeskryflik groot” is die kis uit die kerk gedra. ’n Huilende mev. Terre’Blanche, in ’n swart strepiesbroekpak, is deur familielede ondersteun.

Op pad na Terre’Blanche se plaas, Witrandjiesfontein, waar hy in die familiekerkhof begrawe is, het die liedjie “De la Rey” uit talle van die bakkies opgeklink.

Een man het langs die pad stilgehou en ’n piksteel en ’n panga op die enjinkap van sy bakkie neergesit.

Vierkleure en ander ou vlae het oral gewapper en ’n yslike Vierkleur is oor ’n stuk grond minstens so groot soos ’n rugbyveld uitgegooi.

Omring deur ’n menigte joernaliste en ander mense het die familie deur ’n erewag van ses swart perde en ruiters na die grafkelder gestap.

Toe die kis laat sak is, het mev. Terre’Blanche snikkend gehuil terwyl ’n man die “Onse Vader” gesing het.

Daarna het mense enkele rooi en geel rose op die kis gegooi voordat die grafkelder met ’n staalplaat bedek is. Talle mans in kamoefleerdrag of AWB-uniforms het die kis gesalueer.

So baie mense het die begrafnis bygewoon dat mense nog in die stoet op pad na die plaas was toe die teraardebestelling al verby was en mense na die dorp begin terugkeer het.

Sommige het die aantal begrafnisgangers op meer as 10 000 geraam.

Onder hulle was hoëlui soos me. Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, dr. Pieter Mulder, haar adjunk en leier van die VF+, en me. Maureen Modiselle, premier van Noordwes.

Verkeerschaos het die hele dag op die dorp geheers, met toue en toue motors wat eers by die kerk en toe by die kerkhof probeer uitkom het.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Sy-vlag-is-gestryk-20100409



Rowers brand vrou, sny van haar hare af en vat dit saam
April 10, 2010, 10:15 am
Filed under: Uncategorized

2010-04-09 22:10

Johan Brits

Sasolburg. – Vier gewapende rowers het nie net ’n jong vrou vasgebind en met ’n sigaretstompie gebrand nie, maar ook van haar hare afgesny en dit saam met hulle geneem.

Konst. Sellwane Legae, woordvoerder van die polisie op Sasolburg, sê me. Debbie Kannemeyer (19) van die woongebied Vaalpark en haar kêrel (29) het geslaap toe vier rowers hul woonplek se diefwering gebreek het.

Volgens Legae het hulle Kannemeyer en haar kêrel na afsonderlike slaapkamers geneem.

Daar is Kannemeyer se hand met ’n sigaretstompie gebrand en ’n haarlok met ’n mes afgesny.

Die rowers het ’n TV-stel, ’n PlayStation, selfone, ’n rekenaar en juweliersware gebuit en dit agter op ’n wit 1400-Nissan-bakkie gelaai.

Die voertuig is later in die woongebied Bophelong gevind.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Rowers-brand-vrou-sny-van-haar-hare-af-en-vat-dit-saam-20100409



‘My mense word uitgemoor’ – Steve
April 10, 2010, 10:11 am
Filed under: Uncategorized


Steve Hofmeyr en sy vriendin, Suné Meyer, in die kerk. Foto: Cornél van Heerden

2010-04-09 22:10

Marida Fitzpatrick

Ventersdorp. – “My mense word geteiken en uitgemoor vir iets so barbaars soos my selfoon of my wit vel.”

So het die sanger Steve Hofmeyr gister in ’n vurige toespraak op mnr. Eugène Terre’Blanche se begrafnis hier gesê. Hy het die Afrikaner se sterftekoers ’n “volksmoord” genoem.

Die duisende begrafnisgangers het hom telkens binne en buite die kerk, waar duisende mense oor luidsprekers na die diens geluister het, luid toegejuig en elke nou en dan “hoor hoor!” uitgeroep.

“My beker loop oor soos u s’n vandag,” het Hofmeyr gesê. “Ek is bitter en seer, uiters teleurgesteld en kwaad.”

Met verwysing na mnr. Julius Malema, ANC-jeugligaleier, en sy sing van die frase “skiet die Boer”, het Hofmeyr driftig gesê: “Geen lied in die FAK beledig ander nasies nie. Eugène Terre’Blanche het gestaan vir selfbeskikking van ’n nasie teen ’n opponent veel groter as hyself; ’n nasie wat meer van sy eiendom afgestaan het as enige ander Afrika-volk.”

Aan die internasionale media het hy in Engels gesê: “Dis nie genoeg om ons te vra om geduldig te wees ter wille van die een of ander sokkertoernooi nie. Ek kan nie in ’n sokkerstadion ingaan wat genoem is na Peter ‘Kill the Boer’ Mokaba nie.”

Daarop het die mense weer in applous en toejuiging uitgebars.

Toe wou hy by die begrafnisgangers weet: “Sal ons hier uitgaan en net Gods water oor Gods akker laat loop?” waarop hulle geskreeu het: “Nee!”

In dieselfde asem het hy die skares tot “Christelike nugterheid” gemaan. “Hanteer vandag met stil waardigheid. Wys die kykende oog iets anders as waarvoor hulle gekom het om te sien.”

Hy het ook na Levitikus 24 verwys wat oor vergelding handel (die “oog vir ’n oog”-vers) en gesê daar staan nie “?’n oog vir ’n tand” nie. “Ons skiet nie mense omdat hulle sing nie. Die oortreders is reeds in hegtenis.”

Hofmeyr het gesê Terre’Blanche se roeping was om die Boerevolk te verwoord en onafhanklikheid te bepleit.

“My belofte aan jou, Eugène, is dat ek dit sal oordra.”

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/My-mense-word-uitgemoor-%E2%80%93-Steve-20100409



‘Vryheid Volk Vaderland…’
April 10, 2010, 10:06 am
Filed under: Uncategorized


’n AWB-vlag en -erewag. Die kis word na die graf gedra.Foto: Cornél van Heerden

2010-04-09 22:10

Marida Fitzpatrick

Van vroue met Voortrekkerkappies en mans in kamoefleerdrag tot tieners met pers hare en wenkbrouringe het gister op Ventersdorp vir mnr. Eugène Terre’Blanche se begrafnis opgeruk.

Mense het in hul massas met kampstoele, sambrele en Vierkleure blokke ver gestap om by die kerk uit te kom.

Honderde motorfietsryers van oor die land heen en ’n bus van Namibië af het ook daar opgedaag.

Hoewel die diens eers gister om 12:00 begin het, het mense al vroegdag voor die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK) saamgedrom in die hoop om ’n plek in die kerk te kry.

“Dis eintlik lekker om so baie wit mense bymekaar te sien,” het ’n vrou op pad na die kerk gesê. “Ek het nie geweet daar is so baie Afrikaners nie.”

Daar was hordes polisielede, onder andere die honde- en die berede-eenheid, en ’n polisiehelikopter het heeldag in die lug rondgedraai. Ook in die kerk het polisiemanne- en vroue met koeëlvaste baadjies rondgestaan vir in geval geweld uitbreek.

Mnr. Johan Nel (72) het gesê die moord moes só gebeur het, “want dit het ons Afrikaners, wat hierdie land opgebou het, tot eenheid gebring”.

Nel het gesê mnr. Julius Malema, ANC-jeugligaleier, wil “die Boerevolk vernietig” en hy is bly om te sien die Afrikaners kon gister saamstaan.

Voor die kerk was daar ’n gebrom van stemme met allerhande gesprekke wat wissel van “hulle” wat so steel, “want dis in hulle gene” tot die “vierde Andries” wat die ouma vir die eerste keer ontmoet.

In een bakkievenster het gestaan: Vryheid Volk Vaderland.

Mnr. Eben Klynsmith (20) van Vereeniging het gesê hy lees al De la Rey se boeke en wil hê die jongmense moet weer weet waaroor Bloedrivier, die Anglo-Boere-oorlog en Geloftedag gaan.

Baie mense het oranje linte om hul arms gedra of aan hul bors vasgesteek.

’n Meisie wat toevallig haar vriendin raakgeloop het ná die kerkdiens, het uitgeroep: “Mariana, is jy ook hier? Ek’s bly jou hart is reg.”

Mense op die dorp het die grootste deel van die dag gesukkel om met hul selfone te bel en te SMS.

Teen druktyd was die rede daarvoor nog nie duidelik nie, maar dis vermoedelik omdat die selfoonnetwerk weens die duisende mense wat na die dorp gestroom het, oorlaai was.

Mnr. Willem Nel (66) het gesê hulle het nie gekom om moeilikheid te maak nie. “Nee, ons kom vir ’n begrafnis. Ons kom om ons leier ter ruste te lê.”

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Vryheid-Volk-Vaderland–20100409



‘Soos Simson moes sterf om Filistyne te verslaan, was Eugène ’n instrument’
April 10, 2010, 10:01 am
Filed under: Uncategorized


Begrafnisgangers luister na die diens buite die kerk. Foto: Alet Pretorius

2010-04-09 22:10

Nicolize van der Walt

Ventersdorp. – Die dood van mnr. Eugène Terre’Blanche is gister hier met dié van dr. Hendrik Verwoerd meer as ’n halfeeu gelede vergelyk.

“Albei het ’n diep vaderlandsliefde en liefde vir die Afrikaner-volk gehad,” het mnr. Andries Breytenbach in ’n huldeblyk by die begrafnis gesê.

Breytenbach het gesê Terre’Blanche het altyd “goeie, suiwer Afrikaans” gepraat, was een van die min leiers wat “die volk” herinner het die grond is “met bloed gekoop” en het altyd aktief opgetree.

Terre’Blanche het reeds op 26-jarige ouderdom tot die politiek toegetree en die AWB op 7 Junie 1973 as ’n vryheidsbeweging gestig.

“Net soos Simson moes sterf om die Filistyne te help verslaan, was Eugène ’n instrument in die hand van die almagtige God om die volk byeen te bring.

Ons groet hom en sy liggaam word nou aan die aarde toevertrou, maar sy siel sal hier bly voortleef.”

Benewens Breytenbach se dwarsklappe na die media, het hy ook die regering vir die hoë moordsyfer onder boere en wittes in Suid-Afrika veroordeel.

“Sedert 1994 is 3 300 boere vermoor en viervoudig soveel stedelinge vermoor. Hierdie nuus haal net die binneblaaie van koerante, want die media het gewoond geraak hieraan.

Eugène is as ’n verregse voorgehou, maar vandag kan ons sien hy was ’n ware leier gewees.”

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Soos-Simson-moes-sterf-om-Filistyne-te-verslaan-was-Eug%C3%A8ne-n-instrument-20100409



Rus in vrede oom Eugène
April 9, 2010, 6:35 pm
Filed under: Uncategorized

Dwaalster

Deur Eugène Terre’Blanche

Tussen volmaakte sterre
Hang ’n goudkleur maan
En ek grawe na herinneringe diep gebore
Na die dwaalster se ontstaan

In watter vreemde nag
Het die skitter ster uit sy baan
Met groter glimkrag
Sy eie koers gegaan

Dwarsoor die melkweg se wit
Het hy gillend en glimmend gegly
In sy afdraande rit
By planete en sterre verby

Op die rand van die afgrond
Het Hy gestaan
Met hande deur spykers verwond
En Hy gryp my, want ek wou saam

Die AWB volkslied

Deur Eugène Terre’Blanche

Hoor die geknars
Hoor die geknars
Hoor die geknars van voete op mars.
Hoor die gedreun Hoor die gedreun
Hoor die gedreun
oor velde heen.
Stryders op mars, ideale vervars
wat skyn en veraad met veragting haat.
Brandende vuur wat geen knegskap verduur,
maar gebore uit liefde en smart.
Bied ons weerstand, so gloeiend,
gebrand in ons hart.
O mag God ons bewaar
met die trek van die laer,
om ons strydende land te bewaar. Ons sal werk, ons sal groei.
Ons sal veg, ons sal bloei,
vir ons ou Boere land.



[Zapiro Cartoon] What’s a metaphor?
April 9, 2010, 12:55 am
Filed under: Uncategorized

“The ANC insists “Kill the Boer” is a metaphor. What’s a metaphor?”

Source:Zapiro
http://www.zapiro.com



Gratis Plaasmoorde banniere / Free Farm Murders banners
April 9, 2010, 12:33 am
Filed under: Uncategorized

PLAASMOORDE.COM

Groot weergawe: http://i95.photobucket.com/albums/l131/bittereinder/DnSA_BumperSticker_af.jpg

Hier is n paar gratis motorplakker en bannier ontwerpe vir die bewusmaking van plaasmoorde. Voel vry om dit uit te druk en te gebruik vir banniere of motorplakkers of wat ook al. Stuur dan aksie fotos daarvan na: fotos@plaasmoorde.com sodat ons dit op die web werf kan plaas.

Dankie.

FARMMURDERS.COM

Large version: http://i95.photobucket.com/albums/l131/bittereinder/DnSA_BumperSticker.jpg

STOP AFRIKANER GENOCIDE

Large version: http://i95.photobucket.com/albums/l131/bittereinder/AfrikanerSoccerFanGenocide_DnSA.jpg

Here are some free bumper sticker and banner designs to raise awareness of farm murders. Please feel free to print these out and use them for banners or stickers or whatever way you like. Then, please send some action photos to photos@farmmurders.com so we can publish them on the web site.

Thanks.



Laat die Afrikaners gaan, pres. Zuma
April 8, 2010, 10:50 pm
Filed under: Uncategorized

deur Vannermerwe

2010-04-05 22:23

Ek skryf hierdie brief namens ’n groep Afrikaners, (nie alle Afrikaners nie), vir wie dit nie meer lekker is om in Suid Afrika te bly nie.

Ons weet nie regtig wat u bespreek het met die “elite”-Afrikaners by u onlangse dinee nie, maar ons wil graag ’n versoek aan u rig.

Kan ons asseblief ’n tuisland kry?

Ek is nou maar eers 28, dus weet ek nie veel van wat onder apartheid gebeur het nie (al moet ek nou betaal daarvoor). Wat ek wel raakgelees het, was dat die apartheidsregering die reg van swart mense erken het om oor hulle self te regeer en daarom is daar vir hulle tuislande gestig.

Kan julle darem net hierdie enkele guns beantwoord en vir ons ook ’n tuisland gee waar ons oor onsself kan beskik?

Ons vra nie eers die beste deel van Suid Afrika nie. As ons net ’n groot genoeg stuk in die Karoo, Noord-Kaap (Weskus) kan kry naby ’n groot rivier, met volle onafhanklikheid sal duisende Afrikaners hulle self daar gaan vestig.

Dit is ’n wen-wen-situasie.

As die Afrikaners weg is, kan julle al die grond nasionaliseer, sonder enige weerstand. Julle gaan geen opposisie hê nie, wat beteken dat julle julle salarisse en voordele kan aanpas net soos julle wil. Julle mense kan die grond vat en maak net wat hulle wil, sonder dat enige iemand kerm daaroor.

Ons Afrikaners kan dan oor begin en vir ons ’n land bou soos wat ons daarvan hou. Meneer Zuma, die erge verskille in kulture in hierdie land maak dat rassespanning ál meer toeneem. Indien u die Afrikaner laat gaan, sal u gesien word as ’n vredemaker in die oë van die wêreld, selfs groter as Mandela! U sal onthou word in die geskiedenis as ’n wyse man wat konflik vermy het deur aan al die kulture se behoeftes te voldoen.

Ons vra u nie om die beste van u land op te offer nie. U kan die swakste deel van Suid Afrika ruil vir vrede in Suid Afrika. Dit is tog die goedkoopste prys denkbaar.

Asseblief, President Zuma, laat die Afrikanervolk trek.

Ek hoop en bid u is te vinde vir hierdie voorstel,

By voorbaat dank.

Vannermerwe
info@vannermerwe.com

Oorsprong:Volksblad
http://www.volksblad.com/MyVolksblad/Briewe/Laat-die-Afrikaners-gaan-pres-Zuma-20100405



VIDEO: AWB supporters sing "Die Stem"
April 8, 2010, 10:37 pm
Filed under: Uncategorized


If you cannot see the embedded video, click here.
http://www.youtube.com/watch?v=JKhwN1b78jk

TheDailyMaverick — April 06, 2010 — The song that started it all, in Ventersdorp on the first hearing of the suspects accused of murdering AWB leader Terre’Blanche.

Source:TheDailyMaverick Youtube channel
http://www.youtube.com/user/TheDailyMaverick



[Video] Chaos in Ventersdorp
April 8, 2010, 10:31 pm
Filed under: Uncategorized


As u nie die video kan sien nie, kliek hier.
http://www.youtube.com/watch?v=t1SQYbsnDCM

2010-04-06 12:51

Polisie in Ventersdorp moet tans bontstaan om orde te handhaaf tydens die hofverskyning van die verdagtes in die Eugene Terre’Banche-moordsaak. (Lees die volledige storie hier).

Dié video (deur The Daily Maverick) is vanoggend geneem voor die dorp se landdroshof.

Oorsprong:Volksblad
http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/VIDEO-Chaos-in-Ventersdorp-20100406



Misdaadstatistieke betwyfel
April 8, 2010, 8:41 pm
Filed under: Uncategorized

2010-04-07 22:13

Virginia Keppler

Die polisie se geweldmisdaadstatistieke kan nie gebruik word as ’n aanwyser in die bepaling van die tendens van geweldmisdade nie.

So reken mnr. David Bruce, senior navorser van die Sentrum vir die Studie van Geweld en Versoening.

Hy bevraagteken die statistieke oor poging tot moord, aanranding, aanranding met die doel om ernstig te beseer, roof met verswarende omstandighede en roof.

Uit ’n studie wat Bruce gedoen het, blyk ’n patroon het die laaste vyf jaar ontwikkel waar geweldmisdaad by ’n groot aantal ongeïdentifiseerde polisiekantore in die land nie op rekord geplaas is nie.

Volgens hom het mediaberigte oor polisiekantore wat hul misdaadstatistieke manipuleer sodat dit moet lyk of hulle goed presteer net die oortjies van die seekoei geword.

Bruce het in sy studie gefokus op die tendense van vyf soorte geweldmisdaad vir die tydperk 2003–’04 tot 2008–’09.

“Die vyf kategorieë wat afgeneem het, is poging tot moord (39%), ernstige aanranding (22%), aanranding (31%), roof (38%) en roof met verswarende omstandighede (9%).

“Onder roof met verswarende omstandighede is daar sewe ander subkategorieë,” het Bruce gister by die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS) in Pretoria gesê.

Volgens hom sluit dié studie nie verkragting en seksuele oortredings in nie omdat die definisie van hoe dié misdaad aangemeld word in 2008 verander het en dit dus nie met die statistieke van die verlede vergelyk kan word nie.

Bruce het gesê daar is ’n vreemde teenstrydigheid wat die afname van moord (8%) en poging tot moord (39%) betref, as-ook die ander bogenoemde kategorieë.

“Daar is ook botsende tendense in die sewe subkategorieë van roof verswarend.

“Dit is ook vreemd dat ernstige aanranding so vinnig met 22% afgeneem het, maar nie ’n drastiese impak op die moordtendens het nie.

“Ernstige aanranding en roof verswarend is die hoofdrywers agter moord.

“Volgens die polisie se statistieke het dié misdade betreklik stabiel gebly as die hoofoorsake van moord.”

Bruce meen moord moes ná vyf jaar met tussen 21% en 9% afgeneem het.

“Dit is vreemd dat aanranding gewoon teen ’n vinniger spoed as ernstige aanranding gedaal het, veral omdat aanranding gewoon baie algemeen is.”

Luidens die ISS se jongste misdaadverslag word misdaadstatistieke steeds as ’n maatstaf van die polisie se prestasie gebruik, pleks van die uitdagings waarmee die polisie daagliks te doen kry.

Luidens die verslag word 80% van die stasiebevelvoerders se persoonlike prestasie gemeet aan die polisiekantoor se reaksietyd, inhegtenisnemings en sake wat hof toe gaan.

In sulke gevalle kan die bestuur van die polisiekantoor beweer hulle het misdaad afgebring, maar deur nie alle misdaad op rekord te plaas nie belemmer hulle die regering se bekwaamheid om probleme te identifiseer en oplossings te vind.

Bruce het gesê die regering moet die integriteit van die proses van hoe misdaad op rekord geplaas word herstel en ’n beleid instel om geweldmisdaad hok te slaan.

Mnr. Themba Masuku, navorsingsbestuurder by die Community Agency for Social Enquiry, het gesê die feit dat die gemeenskap nie toegang tot misdaadstatistieke by die polisiekantore het nie, skep reeds ’n negatiewe indruk.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Misdaadstatistieke-betwyfel-20100407



Steve se toespraak vir die diens is klaar
April 8, 2010, 8:25 pm
Filed under: Uncategorized

2010-04-07 07:14

Oudtshoorn. – “Daar is ’n einde aan verdraagsaamheid van mense wat geteister word,” het Steve Hofmeyr gister gesê oor die woede rondom die moord op mnr. Eugène Terre’Blanche.

Hofmeyr het hier by die KKNK sy nuwe boek, Vier briewe vir Jan Ellis, bespreek.

“Eugène is nie dood net oor Julius Malema (se lied) nie. Dit is ook oor Peter Mokaba se ‘Kill the Boer’.”

Hy het pas sy toespraak klaar geskryf vir Terre’Blanche se begrafnisdiens. “Ek is saam met hulle. Ek soek ’n land waar mense ba­klei.” Daarna het Hofmeyr wel gesê dit is dalk so dat die Bybel sê ’n oog vir ’n oog, “maar mense moenie mal word nie”.

Hy en Terre’Blanche het een keer per maand ’n afspraak gehad om te gesels.

Hy het gesê hy gaan pres. Jacob Zuma boikot oor wat hy nie doen nie.

“Dit gaan oor apatie, om iemand vir almal te probeer wees. Hy doen niks aan Malema nie.” – Marelize Barnard

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Steve-se-toespraak-vir-die-diens-is-klaar-20100407



Ventersdorp en Vryheid
April 8, 2010, 12:43 am
Filed under: Uncategorized


Deur Quintin Diederichs.

Vriende, volksgenote

Ons was gister op Ventersdorp en gaan Vrydag weer saam met duisende volksgenote om oom Eugene Terre’Blanche se begrafnis by te woon. Busse sal vroegoggend vanaf die Dr. Willie Marais Afrikaner Sentrum vertrek – skakel 012 335 8523 vir meer inligting.

Gister was daar baie meer as die Swart Regime media se syfer van 300 volksgenote te Ventersdorp. Nadat ons Die Stem (verse 1 en 4) gesing het kom daar toe hordes swartes daar aan en sing hul opswepende liedere terwyl die satans wat oom Eugene vermoor het by die hof opdaag. Ek kan ook getuig dat die swartes nie plaaswerkers was nie want daar was nie verneem dat massas plaaswerkers in die Ventersdorp-distrik nie by die werk opgedaag het nie. Die Swart Regime media lieg vir die publiek. Luister voortaan net Radio Pretoria vir nuus en aankondigings (104.2 FM).

Daarna het die swartes histeries geraak en die moordenaars luidkeels toegejuig as helde!! Die een swarte skree toe op ons “We are going to kill all you f****** whites!” waarop ‘n tannie toe die wetter met haar koeldrank spuit. Dit was nie 2 sekondes later nie toe deel ons vir hulle pakslae uit terwyl die Swart Regime se polisie tussen ons en hulle in beweeg en lemmetjiesdraad tussen die twee groepe span. In die proses ry die Swart Regime polisie hul Casper toe reguit in ‘n hengse sloot in en sit daar vas terwyl ons vir hulle “Help ‘n bietjie daar” en “Bobbejaan klim die berg” sing.

Ons volk is meer gereed vir hulle as wat hulle dink. Ek het opregte vrees in daai duiwels en hul polisie se oë gesien toe ons soos een man saam teen hulle opgestaan het.

Ons uitgangspunt is dat ons ‘n Volkstaat sal kry waar die Afrikaner veilig kan wees en ons ons taal, kultuur en tradisies sonder onderdrukking kan uitleef en ‘n sterk volkseie ekonomie kan bou wat vir ons en ons nageslag ‘n toekoms sal verseker. Dit is ons internasionaal erkende reg om vry en veilig te wees in ons eie staat. Daar is reeds oorlog teen ons verklaar en ons is bereid om ons reg om te lewe en ons vryheid tot die dood te verdedig want anders gaan daar niks oorbly van ons vrouens, kinders, bejaardes, tradisies, kultuur en volk in geheel nie. ‘n Dag langer onder die Swart Regime se tirannie is ‘n dag te veel vir die Afrikanervolk.

Ons hoop opreg dat die Swart Regime gaan verkies om vreedsaam te onderhandel met die volk maar indien dit hul intensie is om ons verder uit te wis dan sal ons onsself verdedig teen die aggressor. Die feit is dat ons derduisende weerbare manne ouer as 35 het wat in een van die wêreld se sterkste weermagte en polisiemagte gedien het en hul vrouens en kinders kán beskerm. Ons het jong manne, soos ek en baie ander wat deur organisasies soos Kommandokorps en die TLU se weerbaarheid inisiatiewe opgelei word om onsself en ons families te kan beskerm. Hulle onderskat ons en dit sal hulle nog baie duur te staan kom as hulle nie die vrede-roete met ons wil stap nie.

Laastens, mense wat sê dat SA soos Zimbabwe gaan uitdraai is verkeerd in die sin dat die Swart Regime nie die Afrikanervolk ook saam hom sal afsleep nie – die Rhodesiërs het nooit opgestaan vir hul vryheid teen die Zanu-PF nadat dié satans oorgeneem het nie en het nooit ‘n volkstaat gebou nie – presies wat ons tans vanuit Orania doen. Die Rhodesiërs het gevlug, terwyl ons nog hier is en gewillig is om die stryd te voer tot ons oorwin of sterf. Dit is die eed wat op elke opregte Afrikaner se hart geskryf staan en dit is hoekom ons sal oorleef. Oproep tot kalmte is ‘n drogbeeld – vryheid is ons kreet!

Vryheid Eenheid Geregtigheid!

Quintin Diederichs

Oorsprong:Die Afrikaner Facebook Groep
http://www.facebook.com/group.php?gid=22275268337



Government top brass sing struggle song
April 8, 2010, 12:31 am
Filed under: Uncategorized

07 April 2010
Pertunia Ratsatsi


Premier Nomvula Mokonyane

GAUTENG Premier Nomvula Mokonyane and a group of people yesterday defied a court order and chanted struggle song Dubul’ iBhunu (shoot the Boer) in Mamelodi, Pretoria.

Mokonyane, Arts and Culture Minister Lulu Xingwana and Tshwane mayor Gwen Ramokgopa sang the song at the 31st commemoration of the hanging of struggle hero Solomon Mahlangu.

This comes barely five days after Afriforum succeeded in obtaining an interdict in the Pretoria high court barring ANCYL president Julius Malema from singing the song.

The court last Thursday ruled that Malema could not sing the song until AfriForum’s hate speech application began in the Equality Court.

The ANC expressed its disappointment at Judge Eberhard Bertelsmann’s “lack of consideration” regarding the historical context of the song.

“People disrespect us because we shy away from our history, that is why they take us to court and that is why they vilify Julius. Our struggle songs and graves should form part of our heritage,” Mokonyane said.

She urged council to apply to have the Mamelodi cemetery turned into a heritage site.

“When we visit other countries they take us to see the graves of people who died during world wars but in South Africa we take them to Gold Reef City and the Union Buildings. We do not take them to where we have the bones of our young heroes.”

MK Military Veteran’s Association national chairperson Kebby Mphatsoe said they would not sit back and watch when “our songs are being marginalised”, adding that they would not accept the court ruling.

Mahlangu, an Umkhonto weSizwe freedom fighter, was accused of murder and terrorism in 1977 and executed by hanging at the Pretoria Central prison in 1979.

Source:The Sowetan
http://www.sowetan.co.za/News/Article.aspx?id=1129758



‘They killed him for a laptop’
April 7, 2010, 11:40 pm
Filed under: Uncategorized

April 07 2010 at 09:16AM

By Graeme Hosken
Crime Reporter

A Pretoria matriculant was shot dead by one of three men moments after he scared them off when they tried to break into his family’s smallholding.

Ernest Hoon, 18, who was due to write his home schooling exams within the next two weeks, was killed during the early hours yesterday.

Ernest, along with his sister, Kalike, and their father, Deon, had just chased off the three men who had tried to break into his bedroom.

Ernest was shot moments after he got into bed and was about to turn off his bedside light.

It is believed that the killers, who had been chased off, returned to the house and waited for Ernest to get into bed.

Watching him through a partly opened curtain, one of the men – who has yet to be caught – pushed a gun through a window and opened fire on him.

The bullet struck Ernest in the elbow, then tore through his chest and stomach, fatally wounding him.

Screaming to his mother, Renette, that he had been shot and urging her to be careful, Ernest ran to the family’s gun safe. He died as he was trying to get out a revolver which he wanted to use to protect his mother and sister.

As Ernest lay dying in front of his mother, his killers smashed his bedroom window, grabbed a laptop computer and fled.

“He was going to protect us. He died while trying to protect us,” said Hoon, reliving the ordeal.

Hoon, whose ex-husband lives in a nearby flat on the smallholding, said she was in the bedroom when the robbers launched their first attack.

“I heard Ernest scream. Then he came running out of his bedroom yelling for his sister. He immediately phoned his father and the three of them rushed out of the house.

“They returned when they were unable to find the men. I thought it was over and made tea before everyone went back to bed,” she said.

Moments later, Hoon was woken by the gunshot and her son’s screams.

“I can’t believe it. He had just said goodnight to me and told me that he loved me when the shot went off.

“I did not know what to do. I just remember him yelling he had been shot and telling me to be careful. I heard him run down the passage to the gun safe. Then nothing,” she said.

Kalike said they had tried to resuscitate her brother, but there was nothing they could do.

“We tried three times, but he just gurgled. It was just too late,” she said, fighting back tears.

Describing her brother as a serious person who lived life to the fullest, Kalike, said their world had been ripped apart.

“There is a massive hole of nothingness in our life. They’ve robbed of us of someone beautiful who was extremely loving and kind.”

Ernest’s mother said her son’s dream was to be a lawyer “so that he could make a difference to the lives of people, no matter who they were or where they came from”.

“They killed him for a laptop. My son died, in the end, for nothing.”

No arrests have been made.

This article was originally published on page 1 of Pretoria News on April 07, 2010

Source:IOL
http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=15&art_id=vn20100407043152684C336339



Afrikaners op mars na vryheid
April 7, 2010, 11:23 pm
Filed under: Uncategorized

“Ons is ‘n volk, dis ons grond met bloed gekoop”
“Afrikaners op mars na vryheid”
“Die vark in die verhaal is F.W de Klerk”




Follow

Get every new post delivered to your Inbox.